Leesplan inligting

Vas Soos Daniël (10-Dag)Voorbeeld

Fast Like Daniel (10-Day)

DAG 6 VAN 10

Dag 6: Speel op die Aanval



Vandag word 'n strik gestel. 



Jy is besig met die Daniël vas, jy lees die oordenking en maak tyd vir God deur gereeld, drie keer 'n dag, te bid — daardie dinge gaan veroorsaak dat jou vyande hul verskyning gaan maak.



Ek beskryf natuurlik Daniël se lewe. Jy gaan nou lees hoe Daniël se vyande vir hom 'n strik gestel en hy daarin geval het. Alles verloop volgens hulle planne. Daniël is op pad na sy ondergang — in die leeukuil.



Kan jy jou dit voorstel: hulle neem foto's met hul selfone en plaas dit op Instagram en Facebook, deel stories op Snapchat en plaas dit selfs op Twitter met 'n huilgesiggie op Daniël se gesig, met die hutsmerk #leeukuil #uitgevang? 



Behalwe vir een klein dingetjie: die oomblik van hulle grootste oorwinning was God se oomblik toe Hy 'n ongeëwenaarde geleentheid vir Daniël skep. 



Uitgevang!



Jy gaan sien dat die koning van 'n heidense nasie so baie deur die krag van God in Daniël se lewe beïnvloed was, dat hy vir Daniël se lewe vas en bid. Kan jy dit glo??? Hoe is dit eens moontlik?



Ek glo die rede is weens Daniël se gereelde gebede wat sy verdediging omgesit het in sy aanval.



Die basketbal kampioene van 2017 en 2018, die Golden State Warriors, het hulle verpletterende verdediging gebruik om hulle aanval te loods. Elke keer as hulle die opponerende span gestop het, 'n doel gekeer of die spel omgekeer het, het hulle oor die baan gehardloop om maklik punte aan te teken voordat hulle opponente iets kon doen. 



Hulle het nie net verdedigend gespeel in die hoop om te keer dat die ander span punte aanteken nie; hulle het hulle verdediging gebruik om geleenthede vir aanval te skep.



Dis waarop dit in die Christen se lewe neerkom: dis nie genoeg om net te probeer om nie soos die wêreld te word nie. Jou verskille moet so duidelik sigbaar wees vir die mense om jou, dat dit 'n geleentheid vir God skep om te wys wat Hy kan doen.



Ons kan nie die wêreld verander as ons wegkruip nie; ons moet sigbaar wees. Wanneer ons lewens anders is omdat ons, ten spyte van probleme, met vrede of vreugde leef, is dit die perfekte geleentheid om verdediging na aanval te verander, deur vir hulle te wys wie God is en hoe Hy in ons lewens werk. 



Ware sterre kompeteer nie met ander sterre nie, want hulle verstaan dat daar genoeg ruimte in die lug is vir almal om te skyn. 



Skep jou verdediging geleenthede vir aanval? Indien nie, is dit tyd om jou spel daarvolgens aan te pas.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel (10-Day)

Vir enigiemand wat streef na 'n hegter verhouding met God, maar nie daarvan hou om te vas nie, het ek hierdie opsie — 'n 10-dag leesplan gebaseer op die boek: Vas Soos Daniël! Die Daniël-vas het my LEWE VERANDER, en ek h...

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid