Leesplan inligting

Vas Soos Daniël (10-Dag)Voorbeeld

Fast Like Daniel (10-Day)

DAG 5 VAN 10

Dag 5: Gepaste antwoorde



Het jy al ooit aan 'n gepaste antwoord gedink … omtrent vyf minute nadat jy dit nodig gehad het? Teen daardie tyd is die geleentheid verby; die oomblik sal nie weer kom nie en dis beter om jouself nie in die verleentheid te stel nie.



Jesus het baie goeie, gepaste antwoorde gehad — in der waarheid, die beste. Elke keer toe die duiwel Hom genader het, het Hy 'n antwoord reg gehad: "Daar staan geskrywe.”



Hoe was dit moontlik dat Jesus hierdie kragtige antwoorde gereed gehad het vir die versoekings waarmee die duiwel na Hom toe gekom het? Voorbereiding. Daar word gesê dat as jy altyd gereed is, hoef jy nie gereed te maak nie.” Hy was gereed toe die duiwel sy bes probeer het, deels omdat Jesus, soos elke goeie Joodse seun, groot hoeveelhede Skrifgedeeltes moes memoriseer gedurende sy grootword jare.



Wat sou gebeur as jy 'n groot hoeveelheid van die lewende, kragtige Woord van God diep in jou binneste bewaar? Dink jy dat jy ook aan spesifieke antwoorde sou kon dink wat net so effektief sal wees soos Jesus se antwoorde? Sekerlik! Die Heilige Gees wat Jesus uit 'n geleende graf laat opstaan het, leef in jou en dieselfde Woord van God is beskikbaar aan elkeen van ons.



Jy moet hulle egter voor die tyd gereed hê. Jy kan nie wag tot die oomblik aanbreek nie — want teen die tyd wat jy dit nodig het, sal jy nie tyd hê om voor te berei nie. As jy nie 'n plan het wat jy gaan doen as dit nodig is nie, as die duiwel jou versoek, dan, my vriend, sal jy ten gronde gaan



Wanneer jy die Woord van God in jou binneste bewaar, maak jy gereed vir 'n dag van versoeking in die wildernis. Jy berei voor vir die oomblikke wanneer die lewe jou platslaan. As jy wag tot daardie dag aanbreek, is dit te laat. Onthou net, as jy nie beplan nie, sal jy misluk; as jy egter die voorbereidingswerk nou doen, sal jy STAANDE kan bly as die beproewing kom.



As jy jou tyd van vas ten beste wil gebruik, bring 'n groot deel daarvan deur om te lees wat God vir sy volk gesê het. Bewaar dit diep in jou binneste, laat dit deel word van jou wese.Gebruik dit dan om te bid. Om die Woord van God te gebruik om te bid, is die enigste goeie manier om te weet dat wat jy bid volgens God se wil is — Hy het dit immers geskryf! 



Onthou altyd die beste, gepaste antwoord van alle tye: "Daar staan geskrywe!”


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel (10-Day)

Vir enigiemand wat streef na 'n hegter verhouding met God, maar nie daarvan hou om te vas nie, het ek hierdie opsie — 'n 10-dag leesplan gebaseer op die boek: Vas Soos Daniël! Die Daniël-vas het my LEWE VERANDER, en ek h...

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid