Leesplan inligting

Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 1 VAN 365

Lewe doelgerig



Die volgende tien jaar kan die beste van jou lewe wees. Dit kan die dekade van 'n lotsbestemming wees, waar jou lewe doelgerig is en daarom kan jy 'n impak maak in alles wat jy doen.



Om te kom waar jy glo God wil hê jy moet wees en te wees wat jy weet Hy wil hê jy moet wees, vereis verskeie stappe wat jy moet neem wat jou doelgerig sal kry.



Eerstens moet jy jou huidige posisie bepaal — Jy moet weet waar jy is, voordat jy kan weet waarheen jy op pad is. Om dit te doen, vra jouself die volgende twee vrae:



Waar is ek nou? Waar is jy geestelik, finansieel, emosioneel, in verhoudinge, fisiek en in jou beroep?



Wat wil ek verander? Wat wil jy hê moet op elke terrein wat jy hierbo identifiseer, verander?



God het vir Abraham belowe dat hy die vader van 'n groot nasie sal wees. In Genesis 24 sien ons Abraham is nou 'n ou man en sy seun, Isak, het nog steeds nie enige kinders nie. Abraham het die situasie geëvalueer en sy slaaf, Eliëser, gestuur om 'n vrou vir Isak te kry.



'n Belangrike beginsel hier is dat dit nooit vir jou te laat is om jou lewe te verander nie, al mag dit langer neem om die verskil te maak as wat jy dink. Dit is hoekom jy nie moet uitstel nie. Jy kan òf swerf deur die volgende tien jaar, òf jy kan rigting hê oor die volgende tien jaar. God wil hê jy moet rigting hê.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade ...

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid