Leesplan inligting

Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

Onthou die beste, vergeet die res



Wat onthou jy van mense? Die goeie of die slegte ondervindinge? Paulus het gesê: "Ek hou daarvan om die goeie dinge van mense te onthou, op die goeie tye te fokus wat ons gehad het en die positiewe ondervindinge te onthou."



Toe Paulus hierdie woorde gesê het, het hy nie 'n baie maklike tyd in Filippi gehad nie. Handelinge 16 vertel ons dat, toe hy Filippi toe gegaan het, hy onskuldig gearresteer, geslaan, verneder en in die tronk gestop is — voordat hy uiteindelik gevra is om die dorp te verlaat. Tog sê hy: "Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink."



Paulus kon oor die negatiewe bly tob het. Hy kon die pynlike herinneringe onthou het. Hy het gekies om nie die pynlike dinge te onthou nie, maar eerder te fokus op die dinge waarvoor hy dankbaar kon wees.



Miskien is jy al in die verlede deur 'n ouer of 'n vriend seergemaak en hou jy steeds vas aan daardie seer. Gevolglik geniet jy dit nie om in hulle geselskap te wees nie. Jy fokus steeds op die slegte en negatiewe. Wees dankbaar vir die goeie in mense. Aangename herinneringe is 'n keuse. Ek kan kies wat ek oor die verlede wil onthou.



As jy ander se geselskap wil geniet, moet jy fokus op hulle sterkpunte en nie hulle swakhede nie. Dit vereis baie kreatiwiteit met sommige mense. Maar jy sal iets goeds in enige persoon kan vind.



Ek sê nie dat jy die seer wat jy ondervind het, moet ontken of dat jy ander mense se swakhede moet verskoon nie. Dit is psigologies ongesond. Fokus egter op die goeie en kies om die sterkpunte te beklemtoon.

Dag 364

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade ...

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid