Leesplan inligting

Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 9 VAN 365

Groot doelwitte, groot opofferings



Die enigste ding in hierdie wêreld wat verniet is, is vergifnis van God deur Jesus Christus, en dit is ook net verniet omdat Jesus klaar die prys betaal het aan die kruis.



Eliëser moes 'n prys betaal het sodat Rebekka saam met hom sou teruggaan en met Isak trou. Genesis 24:53 sê: "Daarna het die slaaf silwer- en goue goed en klere vir Rebekka gegee, en ook duur geskenke vir haar broer en haar ma."



Groot doelwitte vereis groot opofferings. Vra jouself die volgende drie vrae af as jy ernstig is om 'n gefokusde lewe te begin leef:
1) Wat gaan dit kos?
2) Wat is ek gewillig om te gee?
3) Is dit die moeite werd?



Die beste verbruik van jou lewe is om dit te belê in iets wat dit sal oorleef. Jesus het gesê: "Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?" (Markus 8:36) Moenie na jou doelwit begin streef as jy nie eers die prys bepaal het nie.



Ek bid dat God vir jou 'n duidelike visie sal gee van wie Hy wil hê jy moet wees en wat jy moet doen. En ek bid dat die res van jou lewe die beste jare van jou lewe sal inhou.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade ...

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid