Leesplan inligting

Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 8 VAN 365

Sukses Is 'n spanpoging



Om jou doelwitte te bereik, moet jy ander inspan vir ondersteuning. Ek was al baie in Afrika en het hierdie spreekwoord al vele kere gehoor: "As jy vinnig daar wil uitkom, gaan alleen. As jy ver wil gaan, gaan saam met ander." Ons dink dis belangrik om vinnige besluite te kan neem, maar dit is belangriker om die regte besluite te neem.



Sukses is nie iets wat slegs deur een persoon behaal kan word nie, dit verg spanwerk. God het dit so ontwerp sodat ons die belangrikste les kan leer hier op aarde: om ander lief te hê. Nie alleenlik daaroor nie, maar daar is 'n paar dinge in jou lewe wat jy nie sonder ondersteuning, gebede en aanmoediging van ander kan verander nie. Dit is hoekom dit so belangrik is om in 'n selgroep te wees.



Ons vers vandag bevestig dit. Hoe sterker jou span is, hoe makliker gaan jy jou drome bereik.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade ...

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid