Leesplan inligting

Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 6 VAN 365

God leer ons om 'n stap-vir-stap plan in werking te stel



Abraham se slaaf het 'n eenvoudige maar goed deurdagte plan gehad om vir Isak 'n vrou te vind. Hy het tien van Abraham se kamele saam met hom geneem, gelaai met voorbeelde van die beste van alles wat Abraham besit het. Hy het vertrek na die stad waar Nahor gewoon het en die kamele buite die stad by 'n fontein laat kniel.



Eliëser het gebid: "Here, God van Abraham wie se slaaf ek is, laat my tog slaag in my onderneming. Hier staan ek by die fontein waar 'n jongmeisie van die stad sal kom water skep. Ek sal vir haar vra om my 'n bietjie water uit haar kruik te laat drink, en as sy vir my sê: ‘Drink gerus maar, en ek sal vir jou kamele ook water skep,’ is sy die vrou wat deur U gekies is vir die seun van my eienaar" (Genesis 24:42-44).



Dié was 'n groot werk want kamele drink baie water. Dit sou beteken dat die vrou 20, 30 miskien tot 40 emmers water sou moes gaan haal. Dit is 'n groot onderneming. Dit is die soort vrou wat Eliëser gesoek het — 'n gawe, vrygewige vrou met die hart van 'n dienaar, wat gewillig was om iemand in nood te help en nog iets ekstra te doen.



Weet jy wat? Sy plan het gewerk. 'n Vrou met die naam Rebekka het vir Eliëser water gegee en aangebied om vir sy kamele ook water te gee.



Vra jouself twee vrae: 1) Hoe beoog ek om my doelwit te bereik as ek weet wat dit is? 2) Hoe lank gaan dit neem?



Jy kan of deur die lewe swerf, of jy kan deur die lewe gelei word deur te deurdink waar God wil hê jy moet wees. Is jou toekoms die moeite werd? Ja, natuurlik!

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade ...

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid