Leesplan inligting

Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 3 VAN 365

God se beloftes aan jou



Die Bybel het meer as 7 000 beloftes van God aan jou — beloftes van sukses, selfvertroue, gesondheid, welvaart, krag, wysheid en meer. Hoekom maak God hierdie beloftes?



Want Hy wil hê jy moet leer om Hom te vertrou.



Wanneer jy 'n doelwit stel moet jy nie fokus op die probleme nie, maar op sy beloftes. Kry 'n belofte in die Woord van God wat jou na jou doelwit sal neem.



Dit is wat Abraham gedoen het toe sy slaaf begin bekommerd raak oor hoe hy die doelwit gaan bereik. In vandag se Bybelvers vertel Abraham vir sy slaaf oor die belofte wat hy van God ontvang het: "Die Here sal sy engel voor jou uit stuur sodat jy vir my seun 'n vrou van my land af sal kan bring" (Genesis 24:7b).



Jy het nie 'n engel nodig nie, want verskeie kere in die Skrif het God gesê: "Ek is by jou waar jy ook al gaan." God is altyd by jou, of jy Hom aanvoel of nie. Jy moet net kontak maak.



Die grootte van jou God bepaal die grootte van jou doelwit. Goddelike doelstellings begin altyd met 'n belofte van God. Moenie op jou beperkinge konsentreer nie, fokus op God se beloftes.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade ...

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid