Leesplan inligting

21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

DAG 1 VAN 21

Wanneer ons die 21 Dae van Vas en Gebed begin, wil ek jou bemoedig om saam met my te dink aan die volgende 21 dae as meer as net om sonder kos te gaan of 'n geestelike geveg of 'n dissipline om van God te kry wat jy nodig het. Al daardie dinge sal vir seker aspekte wees wat ons sal teëkom, maar daar is meer. Dit is 'n geestelike reis, dink aan dit as 'n geestelike pelgrimstog. 'n Pelgrimstog mag jou lei na 'n nuwe liggaamlike plek maar allereers lei dit jou na 'n nuwe geestelike plek.



In Psalm 84 skryf die psalmdigter oor die mense wat hulle harte daarop gesit het om 'n pelgrimstog te maak na Jerusalem. Luister oor hoe hy skryf oor diegene wat die reis aanpak. "Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is: hulle hou nie op om U te prys nie. Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind en graag na u tempel toe gaan." Die persoon wat die reis maak is geseënd, hulle het vreugde, hulle ontvang krag, in werklikheid gaan hulle van "krag tot krag."



Jy maak nie die reis alleen nie, die God wat jou liefhet, meer as wat jy jou kan verbeel, roep jou na 'n nuwe plek, 'n nuwe tydperk, 'n nuwe ervaring van sy heerlikheid. Hierdie 21-dae reis gaan lewensveranderend wees, jy het die eerste stap geneem, ek kan nie wag om te sien wat God gaan doen nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elk...

More

Baie dankie aan James River Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: https://jamesriver.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid