Leesplan inligting

21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

DAG 9 VAN 21

Waarvoor is jy honger? Waarskynlik nie 'n pret vraag agt dae in die vas in nie maar dit is 'n belangrike vraag vir jou om te antwoord. Vas gaan oor aptyt. Dit gaan nie daaroor om 'n lys te maak van alle kos wat jy voor lus is nie maar om te besluit waarvoor jy die hongerste is.



Die skrywer van Hebreërs sê: "Sorg ook dat niemand sedeloos en goddeloos lewe nie, soos Esau wat vir een maaltyd sy eersgeboortereg verkoop het" (Hebreërs 12:16).



Die verhaal van Esau is een van die hartseerste verhale in die Bybel. In Genesis 25 lees ons dat Esau een dag huis toe gekom het, honger van die jag, net om te sien dat sy broer, Jakob sop gemaak het. Esau het daarop aangedring dat Jakob hom voer. Jakob het gereageer deur 'n ruiltransaksie aan te bied — Jakob sou vir Esau sy sop gee as Esau sy eersgeboortereg aan Jakob gee (nota: 'n geboortereg was die reg op 'n erfporsie en die geestelike leierskap van die familie). Hier is die gek gedeelte — Esau gee Jakob wat hy vra. Dit lyk so vreemd dat Esau so iets waardevol sou offer vir 'n bord sop, maar hy is nie die enigste een wat God se seën oorgegee het ter wille van 'n drang na iets minders nie.



Daar is sekere seëninge wat ons nooit van God sal ontvang nie tensy ons dit wat die Bybel kommentator Matthew Henry "koning maag" noem onttroon nie. 



Dus, waarvoor is jy honger? Wat is meer belangrik vir jou as waarna jou maag 'n drang het? Vas gaan alles oor aptyt.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elk...

More

Baie dankie aan James River Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: https://jamesriver.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid