Leesplan inligting

21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

DAG 2 VAN 21

Wanneer jy begin vas is dit belangrik dat jy verstaan dat jy 'n geestelike geveg betree. 'n Gedeelte van die geestelike slagveld word beveg wanneer die liggaam aanpas vir die strenghede van vas. Vir die meeste mense is daar meer as net 'n bietjie ontgifting wat in die liggaam gebeur. Die geveg is egter meer as die fisiologiese — terwyl ons vas word daar 'n geestelike geveg gevoer. Dinge gebeur in die geestelike sfeer waarvan ons niks begryp of verstaan nie buiten wat God aan ons openbaar.



Vas is meer as om net 'n maaltyd mis te loop. Kragtige tydperke van vas word beleef wanneer ons doelbewus bykomende tyd deurbring in God se teenwoordigheid gedurende die vas. Elke hongerpyn, elke gevoel van moegheid en elke kafeïen hoofpyn sal 'n herinnering word om God aan te roep in daardie oomblik en om uit te roep vir die dinge wat jy wil hê Hy moet doen in jou lewe. David Mathis skryf: "Vas is 'n desperate maatstaf, vir desperate tye, onder diegene wat weet dat hulle desperaat is vir God."



Moenie net fokus op die geveg of die pyn nie — die Skrif belowe dat daar volheid van vreugde is in God se teenwoordigheid en daar is plesier aan sy regterhand. Verlustig jouself in die nastreef van God en jy sal die vreugde ken van Hom wat in jou lewe werk. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elk...

More

Baie dankie aan James River Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: https://jamesriver.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid