Leesplan inligting

21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

DAG 21 VAN 21

Moenie ongemaklik raak nie, maar jy moet weet dat mense jou dophou. Hulle het jou gesien vrugte eet, groente, bone en neute en hulle let op wat in jou lewe gebeur as 'n resultaat van die 21-dae reis. 



Mense het altyd hulle oë op Jesus se volgelinge. In Handelinge 16 vertel die Bybel ons dat Paulus en Silas omtrent middernag gebid het en gesange gesing het vir God en die ander gevangenis het geluister (Handelinge 16:20). 



Die woord "luister" hier, is om aandagtig te luister, om nader te leun. Hulle het nie net geluister nie maar het nader geleun om te luister hoe die lofprysing opgelig word na die hemel. Jy mag voel dat jy die enigste persoon is wat deur 'n beproewing gaan maar jy is nie alleen nie. Daar is mense oral om jou wat luister hoe jy reageer. 



Jou woorde van geloof en prys sal nie net jou hart verlig nie maar sal die harte aanraak van die mense wat dit hoor. Die gevangenes het waarskynlik nog nooit enige iets gehoor soos wat hulle daardie nag gehoor het van Paulus en Silas nie — vreugdevolle stemme wat opgelig word hemel toe. Hulle het kerk gehou in die tronk. Die atmosfeer het heeltemal verander. 'n Plek gewoond aan onheiligheid word omgekeer deur die teenwoordigheid van Paulus en Silas.



Die slotsom is dat mense ons dophou. Soos jy hierdie vas eindig, beweeg vorentoe met hoop vervulde verwagtings dat God jou gehoor het en dat God in jou werk, deur jou en om jou in reaksie op die tyd wat jy Hom aangeroep het! Mense sal kennis neem.


Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elk...

More

Baie dankie aan James River Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: https://jamesriver.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid