Leesplan inligting

Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 3 VAN 60

Soms voel diegene wat deur droefheid gaan, baie eensaam. Die groot nuus is: Ons is nooit alleen nie.



God het nie van jou vergeet in jou tyd van hartseer en verlies nie ... en Hy sal ook nooit nie.



Wanneer ons voor erge droefheid te staan kom, kan ons in die versoeking kom om te glo dat ons verlate is. Ons kan verskriklik alleen voel, asof niemand ooit die diepte van ons harte se uitroepe sal verstaan nie. Daar is Iemand wat Hom inderdaad met ons droefheid in hierdie lewe kan vereenselwig ... God.



God gee so baie oor ons droefheid om dat Hy elke traan wat val, werklik kan verstaan. Trouens, Hy gee so baie vir jou om dat Hy ELKE traan versamel wat jy nog ooit gestort het.



Op 'n dag, terwyl ek deur erge droefheid gegaan het, het ek begin navors wat die Bybel oor droefheid te sê het. Ek het uitgevind dat daar wonderlike bloudrukke vir droefheid, hartseer, verlies en beproewings in die Woord van God te vinde is.



Vandag nooi ek jou uit om dieselfde ondersoek in te stel: doen 'n persoonlike studie oor droefheid terwyl jy die Woord van God lees. Dit is 'n fassinerende studie wat jou nader aan God se hart sal bring as wat jy jouself ooit kan indink.



Hoe wonderlik en mooi is dit dat God so baie vir ons omgee dat Hy al ons trane versamel en dit opteken elke keer wat ons droefheid ervaar?



Ons dien 'n wonderlike God wat by ons sal wees en ons selfs sal dra deur die hartseer van die lewe.



God het 'n groot doel met jou lewe ... soek sy hart om dit te vind!



Oorweeg dit vanjaar om die hele Bybel op YouVersion deur te lees terwyl jy persoonlik Bybelstudie doen om te sien wat God regdeur sy Woord oor droefheid, hartseer, verlies en beproewinge te sê het. Soos vroeër genoem, dit is werklik 'n fassinerende studie wat jou nader aan die hart van God sal bring as wat jy ooit kan dink.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy lie...

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid