Leesplan inligting

Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 6 VAN 60

Onthou altyd dat God jou nooit sal verlaat of vergeet nie ... Hy het jou so lief dat Hy gewilliglik gekies het om jou vir ewig op albei sy hande te laat tatoeëer. Hy weet selfs die presiese aantal hare op jou kop! Sy gedagtes oor jou is meer as al die sandkorrels op aarde!



Dink vir 'n oomblik na oor hierdie wonderlike waarhede. Dink regtig diep hieroor na.



God het jou op sy hande getatoeëer.



Hy weet hoeveel hare daar op jou kop is.



Sy gedagtes oor jou is meer as al die sandkorrels op die aarde.



Hy is ALTYD by jou.



Hy sal jou nooit verlaat, in die steek laat, of van jou vergeet nie.



Hierdie is wonderlike waarhede wat elke gelowige moet onthou regdeur hul hartseerervaring.



Dink nou na oor hierdie waarhede:

1. God is 'n verstommende bron van vertroosting, liefde en vreugde – in ALLE dinge en in elke situasie!

2. Jou lewe het geweldig baie waarde – moenie dit verkwis nie ... die gawe van lewe is rede genoeg om God se liefde en teenwoordigheid elke liewe dag te vier!

3. Jy is oneindig waardevol en geliefd – jy het 'n groter doel as wat jy besef. Strewe na God se hart om dit te vind!



God het jou so lief dat jy gedurig in sy gedagtes is. Laat hierdie vertroosting jou vandag HOOP in God se liefde gee. Onthou sy groot liefde elke keer as jy jou hare borsel of hierdie week wanneer jy na die palms van jou hande kyk! En die volgende keer as jy op 'n strand is, tel 'n handjievol sand op en kyk na die hele strand om net 'n fraksie te sien van hoeveel gedagtes God oor jou het!

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy lie...

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid