Leesplan inligting

Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 2 VAN 60

Droefheid, verlies en ontberinge kan jou gekrenk, seergemaak, hulpeloos en magteloos laat voel.



Tydens moeilike situasies in die lewe het ons twee keuses: om teenoor God en ons hartseer gegriefd te wees ... OF ... om God en ons hartseer te aanvaar.



Wanneer gegriefdheid ons verbitterd maak, ontneem ons onsself 'n gulde geleentheid ... die geleentheid om God te ken en te verstaan op 'n ryker, meer intieme vlak, sowel as die geleentheid om SY hoop en liefde te ervaar wat net Hy in 'n seer hart kan uitstort.



Dikwels voel droefheid asof ons onsself deur 'n ruwe vallei sleep met min of geen uitkoms nie. Gedurende hierdie moeilike tye moet ons onsself in 'n toestand kry om die goeie wedloop end-uit vol te hou.



Om na God te hardloop ten tyde van droefheid, hou 'n groot beloning in: dit sal jou reguit na sy hart toe neem en jou uiteindelik in staat stel om groter VREUGDE te ervaar ... werklike VREUGDE!



Vertrou vandag op God en aanvaar Hom met volle oorgawe! Hy waak oor jou en Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie! Selfs wanneer 'n situasie hopeloos lyk, het Hy altyd 'n plan om jou daardeur te lei ... Hy is daar vir die lewenslange marathon.



Ons moet geduldig wees en Hom toelaat om ons droefheid tot voltooiing te laat uitwerk terwyl ons onsself voorberei om die wedloop te wen.

Dit is baie aanloklik om vinnig deur ons droefheid te wil haas of om te probeer om dit met ons eie menslike pogings en krag klaar te kry. Dit is egter noodsaaklik om vas te hou aan jou geloof en God te vertrou ... veral as ons eie geaardheid is om anders op te tree.



Ons moet God toelaat om ons die hele prentjie van ons individuele droefheid te laat sien, sodat Hy die eer kry vir wat Hy deur ons omstandighede van hartseer of verlies bereik.



Stort jou hart teenoor Hom uit wanneer die lewe nie sin maak nie. Vertel Hom hoe jy voel. Hy is 'n wonderlike toevlug. Hy het al die krag om jou werklik uit die moeilikste situasies in die lewe op te tel en alle angs in jou moeilikste dae te kalmeer.



Sit die doek van jou lewe terug op God se "esel" en laat Hom toe om die res van die prentjie klaar te skilder. Vertrou Hom, Hy is regtig goed! Hy is getrou om jou op die regte tyd op te hef.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy lie...

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid