Leesplan inligting

Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 4 VAN 60

Het jy al ooit gevoel asof niemand hulle werklik kan vereenselwig met die persoonlike situasie wat jy vandag ervaar nie? Was jy al ooit in die versoeking om te voel dat God onverskillig teenoor jou pyn staan of jou in jou droefheid verlaat het?



Ek kan jou verseker dat God nie van jou vergeet het nie en wel jou pyn opgemerk het. Hy is daar te midde van jou droefheid.



Hy faal nie. Hy sal nie opgee nie. Nooit ooit.



Dis eenvoudig nie sy geaardheid nie.



Ongeag in watter omstandighede van rou jy jouself vandag bevind, God ken jou en weet alles van jou situasie – deur en deur.



Aangesien Hy werklik almal se omstandighede ten volle ken, asook ons hele lewens, wie is dan beter in staat om ons deur ons droefheid te lei?



God sal jou deur elke omstandigheid help. Vra Hom om jou deur jou ervarings van droefheid te lei en rigting te gee; en om jou met nuwe hoop, geloof, bemoediging en krag te vul.



Hy is regtig besorgd oor jou ... Hy het jou lief en gee meer vir jou om as wat jy ooit sal verstaan!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy lie...

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid