Leesplan inligting

Hartseer Stukkies: 'n Nuwe Benadering om Deur Droefheid te GroeiVoorbeeld

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

DAG 1 VAN 60

Het droefheid al jou asem weggeslaan of jou lewe verander?

Op een of ander stadium sal almal droefheid beleef.



Droefheid is bloot enige situasie wat jou hart breek, of enigiets wat probeer om jou gees of jou verhouding met God en ander te verbreek.



Droefheid word dikwels beskou as 'n vernietigende indringer, maar min besef hoe kragtig droefheid as hulpmiddel is om daaruit te leer. Wanneer jy dit aanvaar, sal droefheid jou leer hoe om God en ander baie liewer te hê; hoe om 'n voller lewe te lei, en om nie die lewe of doodgewone oomblikke as vanselfsprekend te aanvaar nie.



Droefheid is soos 'n storm wat die bekende ontwortel, maar nadat die stormagtige droefheid jou getref het, word die lewe mettertyd kristalhelder en gee dit 'n splinternuwe perspektief op God, die lewe, en alles wat saak maak.



Wanneer 'n mens deur droefheid gaan, begin 'n waardevolle geleentheid om God te verstaan, Hom lief te hê en te ken, en onmiddellik begin 'n dieper ervaring met God. Hy is die sleutel om 'n lewendiger, doelgerigter lewe te skep, ten spyte van die droefheid.



Dit maak nie saak waarvoor jy vandag te staan kom nie, God HET 'n plan om te verseker dat jy daardeur gaan kom. Moenie tou opgooi nie ... Hy SAL jou help om jou asem terug te kry nadat die lewe dit uitgeslaan het. Hy is getrou om vir jou nuwe perspektiewe te gee en lewenslesse te leer deur enige hartseerervaring wat jy in die gesig staar.



Sluit oor die volgende 60 dae by ons aan in ons poging om baie ernstig na die hart van God te soek en vir 'n nuwe benadering om deur jou droefheid te groei.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: A New Approach to Growing Through Grief

Hierdie plan is 'n 60-dag nuwe benadering tot herstel van droefheid. As jy groot verlies ervaar het, sal hierdie plan jou bedien en 'n vars perspektief bring oor hoe God Homself aan jou wil openbaar en jou help om sy lie...

More

We would like to thank Bobby Bressman, Kim Niles, and Kelli Bressman-Horn for providing this plan. For more information, please visit: www.griefbites.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid