Leesplan inligting

Ontdek God se VisieVoorbeeld

Discover God's Vision

DAG 1 VAN 10

Berei Voor Vir Jou Visie

 



Deur Michael Youssef, Ph.D.



God het 'n unieke visie en doel vir elkeen van sy kinders. God wil deur ons lewens heerlikheid aan Homself bring. Om God se visie te verstaan, is egter anders as om ons eie visie te vorm. Wanneer ons planne maak wil ons alles uiteengesit hê.



Dink na oor die laaste keer wat jy op reis was. Toe jy die reis beplan het, wou jy weet waar dit sou begin, waar dit sou eindig, waar jy langs die pad sou stilhou, en presies hoe lank dit sou neem.



Ons benader dikwels ons lewens op dieselfde manier — ons probeer om al die besonderhede vooraf te beplan; ons wil al die antwoorde hê voordat ons die reis begin. God maak egter nie sy visie vir ons lewens vooraf bekend nie. God maak sy visie aan ons bekend wanneer Hy weet ons is gereed daarvoor en is in staat om dit te ontvang.



As ons gewillig volg waar Hy lei, sal Hy alles voorsien wat ons nodig het om sy doelwitte te behaal. Al sal ons hindernisse en ompaaie langs die pad teëkom, kan ons glo en weet dat God se visie vir ons lewens 'n sukses sal wees.



Gebed: Vader, help my om my planne neer te lê en u visie vir my lewe te vertrou. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.



"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie" (Spreuke 3:5).


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Discover God's Vision

Net soos Ester het God jou lewe bestem vir 'n tyd soos hierdie. Sy hemelse doelwitte vir jou word bekendgemaak en vervul deur 'n daaglikse verhouding met Hom. In hierdie 10-dag leesplan deur Dr. Michael Youssef, sal jy b...

More

We would like to thank Leading The Way for providing this plan. For more information, please visit: www.LTW.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid