Leesplan inligting

Ontdek God se VisieVoorbeeld

Discover God's Vision

DAG 5 VAN 10

Om Vorentoe te Gaan



Deur Michael Youssef, Ph.D.



Kom jy agter dat jy vasgeval het en nie met God se visie kan vorder nie? Jy is nie alleen nie. Toe Moses die Israeliete uit Egipte gelei het, het hulle voor dieselfde kommer as ons te staan gekom. Toe hulle die Rooisee bereik het, het hulle bergagtige hindernisse aan die een kant teëgekom met 'n uitgestrekte see voor hulle en 'n magtige weermag van agter (sien Eksodus 14).



Uit vrees wou die mense terugdraai na die vorige lewe wat hulle geken het. Met goeie bedoelings, wou Moses in die huidige bly: "Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg" (Eksodus 14:14). God wou egter hê hulle moes vorentoe gaan, die toekoms in. "Toe het die Here vir Moses gesê: 'Waarom roep julle so benoud na My? Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek.'" (Eksodus 14:15) God het sy mense op 'n bonatuurlike wyse gehelp deur die see oop te kloof, maar eers het hy van Moses verwag om in geloof op te tree.



Soms wil ons ook uit vrees omdraai. Ander tye wil ons die huidige omstandighede handhaaf en vir God wag om vir ons op te tree. God wil egter hê ons moet vorentoe gaan met die visie wat Hy ons gegee het. Hy sal altyd daar wees om sy leiding, voorsiening, en krag vir ons te gee, maar ons moet eers gewillig wees om in geloof op te tree en sy plan te volg.



Om vorentoe te gaan, is nie altyd eenvoudig nie. Jy sal voor teleurstellings, terugslae, teenstand en hindernisse te staan kom. God sal egter sy visie vir jou lewe bereik, ongeag wat jy in die gesig staar, solank jy 'n gewillige instrument is wat Hy kan gebruik.



Gebed: Vader, gee my die moed om vorentoe te gaan met die visie wat U my gegee het, selfs wanneer ek bang is. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.



"Daarom kan ons met vertroue sê: 'Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?'" (Hebreërs 13:6).


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Discover God's Vision

Net soos Ester het God jou lewe bestem vir 'n tyd soos hierdie. Sy hemelse doelwitte vir jou word bekendgemaak en vervul deur 'n daaglikse verhouding met Hom. In hierdie 10-dag leesplan deur Dr. Michael Youssef, sal jy b...

More

We would like to thank Leading The Way for providing this plan. For more information, please visit: www.LTW.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid