Leesplan inligting

Ontdek God se VisieVoorbeeld

Discover God's Vision

DAG 2 VAN 10

Om na God se Visie te Vra



Deur Michael Youssef, Ph.D.



Om God se visie te verstaan en aan te gryp, moet ons Hom daarna vra. Die Bybel sê ons het nie omdat ons nie vra nie — en soms wanneer ons wel vra, vra ons met selfsugtige motiewe eerder as motiewe wat God vereer. God belowe ons: "Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie" (Jeremia 33:3). God wil Homself aan ons openbaar, maar ons moet eers met suiwer motiewe en volharding vra.



Die woord vir "roep" in hierdie vers beteken ons moet aanhoudend vra. Ons word beveel om aanhoudend te vra totdat God sy visie aan ons openbaar. Volharding leer ons om op God staat te maak terwyl Hy ons harte vorm om ons in Hom te verlustig.



God doen wonderlike werk in ons as ons na sy wil soek. Terwyl ons na sy wil soek, leer ons wie Hy is en ons begin om ons in Hom en sy wil te verlustig, eerder as in ons eie wil. Soos Hy die begeerte van ons harte word, kom ons in pas met Hom, gereed om sy wil en visie vir ons lewens te ontvang.



Gebed: Vader, ek bid dat U vandag u visie vir my sal bekendmaak. Wys my waarheen U wil hê ek moet gaan en wat U wil hê ek moet doen. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.



"Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee" (Psalm 138:3).


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Discover God's Vision

Net soos Ester het God jou lewe bestem vir 'n tyd soos hierdie. Sy hemelse doelwitte vir jou word bekendgemaak en vervul deur 'n daaglikse verhouding met Hom. In hierdie 10-dag leesplan deur Dr. Michael Youssef, sal jy b...

More

We would like to thank Leading The Way for providing this plan. For more information, please visit: www.LTW.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid