Leesplan inligting

Ontdek God se VisieVoorbeeld

Discover God's Vision

DAG 6 VAN 10

Gemotiveer deur die Visie



Deur Michael Youssef, Ph.D.



Lyk dit nie asof ons grootste stryde voorkom terwyl ons iets groots vir God probeer bereik nie? Moenie ontmoedig word nie — niemand het al ooit God se visie vir sy of haar lewe bereik sonder om ontmoediging, hindernisse, en moeilikhede in die gesig te staar nie. As dit werklik God se visie vir jou lewe is — en nie jou eie persoonlike ambisies of drome nie — dan sal God vir jou voorsien met wat jy ook al nodig het om daardie struikelblokke te oorkom.



God het 'n visie vir die Apostel Paulus se lewe gehad, en Hy het hierdie visie gekommunikeer deur 'n man met die naam Ananias: "Toe sê die Here vir hom: 'Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel.'" (Handelinge 9:15).



Paulus het egter nie reguit van die Damaskus-pad na die paleise van konings gegaan nie. Dit was eers in Handelinge 25 en 26 wat Paulus se lewensvisie heeltemal vervul is toe hy voor koning Agrippa gestaan het. In die baie jare tussenin het hy meer struikelblokke en ontmoedigings in die gesig gestaar as wat die meeste mense ooit in 'n leeftyd sal ervaar. Paulus het gevangenisstraf, lyfstraf, hongersnood, beledigings, en swaarkry beleef — alles terwille van Christus (sien 2 Korintiërs 11: 22-28).



Wat het Paulus gemotiveer terwyl dit gelyk het asof alles teen hom is? Die krag van sy Godgegewe visie. Om God se visie vir ons lewens te hê, sal ons altyd laat vorentoe beweeg, maar daarsonder, verloor ons maklik hoop en gooi tou op.



Ons mag dalk nooit die evangelie met konings deel nie, maar tog het God 'n visie vir ons lewens, net soos Hy vir Paulus gehad het. Wanneer jy te onbenullig voel om 'n verskil te maak, onthou dat jy die Koning se kind is.



Gebed: Vader, help my om nie ontmoedig te word wanneer ek voor struikelblokke te staan kom met die uitvoering van u visie vir my lewe nie. Help my om te onthou dat dit u visie is, en U my van al die nodige sal voorsien om dit te vervul. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.



"Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel" (Galasiërs 6:9).


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Discover God's Vision

Net soos Ester het God jou lewe bestem vir 'n tyd soos hierdie. Sy hemelse doelwitte vir jou word bekendgemaak en vervul deur 'n daaglikse verhouding met Hom. In hierdie 10-dag leesplan deur Dr. Michael Youssef, sal jy b...

More

We would like to thank Leading The Way for providing this plan. For more information, please visit: www.LTW.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid