Leesplan inligting

Ontdek God se VisieVoorbeeld

Discover God's Vision

DAG 8 VAN 10

Ester se Visie



Deur Michael Youssef, Ph.D.



Ons leer in die Ou Testament van 'n gewone vrou met die naam Ester, wat 'n nood raakgesien en in daardie nood voorsien het. Ester was 'n Joodse vrou wat in ballingskap in Persië gewoon het. Deur God se plan het sy met koning Ahasveros getrou en haarself in 'n unieke posisie bevind om haar mense te kan help.



Toe die koning tot die beplande teregstelling van die Jode in sy koninkryk ingestem het, was Ester die enigste een wat hom moontlik van plan kon laat verander het. God het haar op die regte plek op die regte tyd geplaas. Haar neef, Mordegai, het hierdie feit besef: "Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” (Ester 4:14b).



Wat was Ester se reaksie op Mordegai se pleidooi vir hulp?



Ester het toe vir Mordegai laat weet: “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom” (Ester 4: 15-16).



Dit was nie vir Ester 'n maklike besluit nie. Sy het geaarsel. Sy het met haar vrese oor haar eie toekoms geworstel. Sy het geweet sy stel haar lewe in gevaar deur die koning te nader. Uiteindelik het sy God se roeping vir haar besef en was sy gehoorsaam.



Gebed: Vader, dankie vir die voorbeeld van Ester, wat 'n nood raakgesien het en in gehoorsaamheid reageer het op dit waarvoor U haar geroep het. Help my om daardie soort moed en visie te hê. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.



"Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan” (Josua 1:9).


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Discover God's Vision

Net soos Ester het God jou lewe bestem vir 'n tyd soos hierdie. Sy hemelse doelwitte vir jou word bekendgemaak en vervul deur 'n daaglikse verhouding met Hom. In hierdie 10-dag leesplan deur Dr. Michael Youssef, sal jy b...

More

We would like to thank Leading The Way for providing this plan. For more information, please visit: www.LTW.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid