Leesplan inligting

Billy Graham se Rede Vir My HoopVoorbeeld

Billy Graham's The Reason For My Hope

DAG 1 VAN 15

 


Ons Glo

 


Ware Christenskap is nie godsdiens nie. Ware Christenskap is geloof in Christus alleen.


Net omdat mense beweer dat hulle Christene is, beteken dit nie noodwendig dat hulle Christene is nie. Christenskap is nie iets wat jy by jou lewe voeg nie. Om 'n Christen te word beteken dat Jesus Christus in jou lewe inkom en dit oorneem. Dit is 'n totaal nuwe vooruitsig wat nie tevrede is met enigiets minder as toeganklikheid tot in die verste uithoeke van die siel en die verstand nie.


Christenskap is nie 'n toeskouersport nie — om 'n kaartjie te koop en op die kantlyn te sit nie. Om 'n Christen te word beteken om nie meer vir jouself te leef nie, maar vir God in gehoorsaamheid aan Hom. Jy moet die ou lewe agterlaat en in 'n nuwe manier van lewe instap, waar Christus dit wat jy dink onmoontlik is, moontlik maak. Om te sê jy glo in Hom en dan aanhou lewe asof niks verander het nie, is om die krag van God in jou nuwe lewe te ontken.


. . . Die Bybel sê: “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom” (2 Korintiërs 5:17).


Hoe gebeur dit? Christus woon in sy volgelinge deur die gawe van sy Heilige Gees te gee. Hy sal nie sy pad oopveg nie; jy moet Hom innooi, sy gawe aanvaar, met die wete dat Hy nooit sal weggaan nie. Die Heilige Gees word dan jou ewigdurende metgesel, 'n lewenslange inwoner, een wat "... jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie" (Hebreërs 13:5). Hy gee jou die vermoë om nuwe gedagtes te begin dink en op te tree op maniere wat Hom behaag – nie jouself nie.


Kyk gerus na die liriek video van Newsboys se “We Believe” op YouTube, klik: hier


Vir meer inligting oor My Hope projek besoek: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Billy Graham's The Reason For My Hope

My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem ui...

More

We would like to thank Billy Graham for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid