Leesplan inligting

Billy Graham se Rede Vir My HoopVoorbeeld

Billy Graham's The Reason For My Hope

DAG 7 VAN 15

Gebreekte Stukke




Ek het die Evangelie vir meer as sewentig jaar verkondig en het dit nog altyd duidelik gestel dat verlossing deur Christus alleen kom. Ek kan niemand red nie, maar ek het vir almal wat wou luister probeer vertel dat Jesus een keer vir die sondes van die mensdom gesterf het en dat redding tussen 'n individu en die Here Jesus Christus, 'n eenmalige ooreenkoms is . . .




Baie sê as hulle 'n wonderteken van God ontvang, sal hulle glo. Die wonderbaarlike van God se werk is egter om die sondaar se hart te herskep in 'n bloedgekoopte siel wat Hom volkome sal liefhê. God ken die hart van elke mens en smag daarna om sy verlossende bloed op daardie persoon se siel te laat inwerk om die duisternis van sonde en die vrees vir die ewige oordeel weg te was. Hy of sy moet egter in gebrokenheid na Jesus Christus kom en sonde vir redding verruil.




Ons praat oor die opoffering wat Jesus vir ons gemaak het, maar ons praat selde oor die opoffering wat Hy van ons verwag. Terwyl verlossing suiwer die werk van Jesus aan die kruis is, is ons aanvaarding daarvan afhanklik van ons opregtheid. Die Bybel sê:





"Offers aan God is 'n gebroke gees,


'n gebroke en verpletterde hart


sal U, o God, nie minag nie"


(Psalm 51:19 AFR20).




Ek het Christus se uitnodiging aan mense regoor die wêreld gerig en gesê: "Kom net soos jy is." Wanneer jy egter kom, moet jy jou opstandigheid en rebelsheid agterlaat en in onderdanigheid kom, want in daardie oomblik van berou sal die Verlosser van jou siel die Meester van jou lewe word.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Billy Graham's The Reason For My Hope

My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem ui...

More

We would like to thank Billy Graham for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid