Leesplan inligting

Billy Graham se Rede Vir My HoopVoorbeeld

Billy Graham's The Reason For My Hope

DAG 8 VAN 15

Jesus Neem Als van My




Sonde se gevolge is die doodstraf, en niemand het die vermoë om homself van sonde se straf te red nie, en ook nie om sy hart van die vuilheid te reinig nie. Jesus het gesê: "Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde" (Johannes 8:34). Dis die slegte nuus. Hier is die Goeie Nuus: God het die sondaar lief, maar Hy eis bekering. Tog was dit God se liefde vir sondaars wat Jesus van die Hemel af gestuur het om die einste ding wat ons gyselaar hou van skuld, skaamte en volslae hopeloosheid, uit te wis. Hy het sonde se krag verpletter deur sy liefde, wat sy deernis, barmhartigheid en goddelike genade weerspieël. Die Bybel sê:





"Wie is 'n God soos U?


U vergewe sonde,


U straf nie die sonde van dié wat uit u volk oorgebly het nie.





U bly nie vir altyd kwaad nie, U betoon liefde.


Hy sal ons weer genade betoon,




Hy sal ons sonde tot niet maak,


U sal al hulle sondes in die diepsee gooi"


(Miga 7:18–19).




God se aanbod aan alle sondaars is: “Ek sal hulle reinig van al die sondes waarmee hulle teen My oortree het en al hulle sondes vergewe waarmee hulle teen My oortree het, en in opstand gekom het” (Jeremia 33:8). Sonde se meesterwerk van hopeloosheid word oorskadu deur God se meesterwerk van vergifnis en genade.




Die mensdom se grootste probleem is sonde. God se grootste waarheid is die wonderlike gawe van sy verlossing. Jesus Christus is die enigste geneesmiddel vir sonde. “Maar as ons ons sondes bely — Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Johannes 1:9).


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Billy Graham's The Reason For My Hope

My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem ui...

More

We would like to thank Billy Graham for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid