Leesplan inligting

Billy Graham se Rede Vir My HoopVoorbeeld

Billy Graham's The Reason For My Hope

DAG 15 VAN 15

Die Heerlikheid van die Kruis




Toe Jesus as baba aarde toe gekom het, was daar nie plek in die herberg nie. Mense weier vandag steeds om vir Hom plek in hulle harte te maak.




Wat van jou? Sal jy vir Hom plek maak?




. . . Hy word die middelpunt van die lewe vir die Christen. Waar die verstand, hart, siel,
en liggaam gefokus is op die heerlikheid van Christus.




Is jy gewillig? Hy soek en red dié wat in sonde verlore is (Lukas 19:10). Hulle verruil lewe in sonde vir lewe in Christus. Hoor jy sy stem? Indien wel; dit is die Heilige Gees wat met jou praat.




Jy luister dalk na baie stemme wat vir jou sê wat dit beteken om 'n Christen te wees, maar hier is wat Jesus gesê het:





"Wie sy vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie, en


wie sy seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. En


wie nie sy kruis opneem en My volg nie, is My nie waardig nie.


Wie sy lewe behou, sal dit verloor, en wie sy lewe ter wille van My verloor,


sal dit behou" (Matteus 10:37–39 AFR20)




Dit is harde woorde, nie waar? Die skares wat Jesus gevolg het, het ook so gedink. Maar om sy kruis op te neem, beteken om met die lyding van Jesus te identifiseer en sy heerskappy te aanvaar. Dit is die heerlikheid van die kruis.


Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Billy Graham's The Reason For My Hope

My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem ui...

More

We would like to thank Billy Graham for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid