Leesplan inligting

Billy Graham se Rede Vir My HoopVoorbeeld

Billy Graham's The Reason For My Hope

DAG 9 VAN 15

Die Kruis van Christus




God se liefde het ten doel gehad om Iemand te stuur wat die wreedste straf sou dra. Daardie Iemand was die Here Jesus Christus. Hy het gewillig gekom. Jesus, die volmaakte Seun van God — wat geen sonde geken het nie — het gekies om ons sondes self te dra. Die Bybel sê: “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees” (2 Korintiërs 5:21).




Die feit dat God sy enigste Seun na die kruis gestuur het om vir ons sonde te betaal, dui aan dat sonde in die oë van God inderdaad donker en pikswart moet wees. “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Romeine 5:8). “Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring” (Galasiërs 1:3–4).




Dit is die wonderlike verhaal van die kruis. Jesus het die skuld van ons sondes aan die kruis van Golgota betaal om ons te bevry van die straf wat ons toekom. Mense het hulle siele aan die Satan oorgegee, maar vanaf die kruis van Christus kan ons die Verlosser hoor sê: “Ek het gekom om jou te red . . . kom na My toe. Ek dra die gewig en die merke van jou sonde om jou vry te maak.” Hy het gewillig na die kruis gegaan om die eienaarskap van jou siel te herwin. Christus het die hoogste prys met sy kosbare bloed betaal om almal wat in sonde verlore is, los te koop.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Billy Graham's The Reason For My Hope

My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem ui...

More

We would like to thank Billy Graham for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid