Leesplan inligting

Billy Graham se Rede Vir My HoopVoorbeeld

Billy Graham's The Reason For My Hope

DAG 3 VAN 15

Die Rede




God sê vir die mensdom: “Ek het jou gemaak, en jy is Myne. Ek het jou verlos. Keer terug na My toe” (Jesaja 43:1 en Joël 2:12, skrywer se parafrase). God se gawe van verlossing sê: “Ek sal jou terugkoop met my bloed omdat Ek jou liefhet. Ek sal jou van die kettings van sonde bevry. Ek sal die konflik binne-in jou oorkom en vrede aan jou siel gee. Jy moet egter met 'n berouvolle hart na My toe kom. Jy moet bereid wees om verlos te word. Jy moet jou sondebevlekte hart vir 'n nuwe hart wat deur my bloed gereinig word, verruil.”




Verlossing is die Bybel se grootste tema.




God se verlossingsplan het 'n afgryslike verhaal in 'n wonderlike verhaal verander. Sy reddingsdaad is uitgevoer deur sy Seun, die Here Jesus Christus, die Verlosser van die wêreld. Hy het sy opdrag meer as tweeduisend jaar gelede voltooi, toe Hy aan die kruis gehang en sy bloed as losprys vir die siele van die mensdom vergiet het. Hy het vir jou sonde en my sonde gesterf. Toe Hy die dood oorwin het en uit die graf opgewek is, wat Hom nie in slawerny kon hou nie, het Hy sy hande uitgesteek en gesê: “Ek het gekom om jou te bevry van jou slawerny en vir jou nuwe lewe te gee.”




Hierdie verhaal is wonderlik, want God gee aan elkeen van ons die keuse om sy vergifnis te aanvaar en vir ewig saam met Hom te lewe. Die Bybel sê dat: “Hy is nie die God van dooies nie maar van lewendes” (Matteus 22:32). God is lewend en gesond en wil niks minder hê vir diegene wat Hy liefhet nie.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Billy Graham's The Reason For My Hope

My Hope America met Billy Graham is 'n landswye poging deur mense net soos jy wat hul vriende en geliefdes wil bereik met die evangelie van Jesus Christus. Die daaglikse Skrifgedeeltes en bygaande boodskappe is geneem ui...

More

We would like to thank Billy Graham for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thomasnelson.com/the-reason-for-my-hope

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid