Leesplan inligting

Romantiese Afsprake In Die Moderne EraVoorbeeld

Dating In The Modern Age

DAG 6 VAN 7

 


Beginsels van Romantiese Afsprake (Deel 1)


Wat beginsels van romantiese afsprake betref, moet jy heel eerste die God van die heelal uitnooi om deel te wees van die proses. Laat toe dat die waarheid oor wie Hy is, jou gedagtes en aksies beïnvloed. Gebed verlos jou van die vrees om alleen te wees en verhoed dat jy nie jou standaarde verlaag nie. Jy kan ontspan en elke oomblik geniet, omdat jy in die wete rus dat jou magtige en liefdevolle God jou op 'n goeie manier lei. Wanneer jy 'n onbelemmerde verhouding met God het, kan jy mense as waardevol sien, geskape na sy beeld — nie om te gebruik nie, maar om te eer.


Daardie eer begin wanneer jy die tweede beginsel van afsprake volg: wees openlik met die ander persoon. In Efesiërs 4:15 sê Paulus dat 'n kenmerk van Jesus se volgelinge is dat hulle "in liefde by die waarheid sal bly." Spreuke 24:26 verklaar dat 'n eerlike antwoord soos 'n soen op die lippe is. Dit is 'n teken van respek en liefde om vir iemand die waarheid te vertel. Skraap dus die moed bymekaar om die ander persoon op 'n mooi manier te vertel wat jy dink, hoe jy voel en wat jy graag sou wou doen.


Maak seker dat jy jou bedoeling duidelik bekendmaak as jy op 'n afspraak is. Laat die ander persoon weet hoe jy oor die ervaring voel — moenie dat hy of sy wonder wat volgende gaan gebeur nie. Dubbelsinnigheid is ongemaklik. Wees ook baie duidelik oor hoe die proses dalk mag eindig. Deel enige tyd jou gemaklikheidsvlak betreffende die ervaring en indien enigeen ongemaklik voel, wees bereid om die afsprake enige tyd te staak sonder om druk op mekaar te plaas. Jy moet altyd 'n duidelik uitweg gereed hê. As jy met mense eerlik is, gee jy hulle die kans om rustig en hulself te wees.


Gelowiges hoef nie speletjies te speel nie. Die lewe is te kort daarvoor. Jy het nie tyd om met mense se emosies te speel nie. Sê wat jy bedoel. Bedoel wat jy sê. Wees openlik oor die proses.


'n Derde beginsel is dat afsprake tussen gelowiges in Christus moet plaasvind. Die Bybel is baie duidelik hieroor. Gelowiges moet met gelowiges trou. Jy moet ongelowiges liefhê, maar nie in 'n romantiese verhouding met hulle betrokke raak nie. As 'n gelowige is jy deel van 'n gemeenskap van gelowiges en so is dit ook met jou romantiese afsprake — dis 'n verbondsverhouding. God koppel nie "status" aan afsprake nie. Jy is of broer en suster in Christus, of man en vrou. Daar is nie 'n middeweg nie. Moenie enige twyfel hieroor hê nie.


Op dieselfde manier trek die Bybel 'n duidelike streep oor wat seksueel aanvaarbaar is of nie. In 'n huwelik is baie dinge aanvaarbaar. As enkellopende en iemand wat op romantiese afsprake gaan, het jy glad nie daardie voorregte nie. Ware liefde vra nie toegang tot jou liggaam en vermy terselfdertyd enige verantwoordelikheid vir jou emosionele en finansiële welstand nie. Tot tyd en wyl julle getroud is, is julle nog twee persone. Julle is apart.


Jy is voor God verantwoordelik vir jou eie lewe. Behandel romantiese afsprake as 'n seisoen van evaluasie, wat tot 'n vaste gevolgtrekking oor die ander persoon lei. Gebruik afsprake om vas te stel of jy in 'n goeie verhouding is of nie.


Reageer


Hoe maak jy God deel van jou romantiese afsprake? Hoekom is dit belangrik om Hom in die proses in te nooi voordat jy besluit om ernstig te raak met iemand?


Op watter gepaste maniere kan jy jou bedoelings aan die ander persoon oordra? Hoe kan jy daardie persoon eer deur die manier waarop jy hom of haar behandel?


Watter grense het God vir verhoudings gestel? As jy enige van daardie grense oorskry het, hoe kan jy weer op die regte pad kom?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Dating In The Modern Age

Romantiese afsprake . . . wek hierdie frase angstigheid of opwinding in jou hart? Met al die tegnologiese maniere waarop ons deesdae met mekaar kan kontak maak, wil dit voorkom of afsprake meer ingewikkeld, verwarrend en...

More

Baie dankie aan Ben Stuart wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.thatrelationshipbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid