Leesplan inligting

Romantiese Afsprake In Die Moderne EraVoorbeeld

Dating In The Modern Age

DAG 4 VAN 7

 


Met Wie Om Op Romantiese Afsprake Te Gaan


Een van die grootste gevare van afsprake, is die geneigdheid om 'n verbruikersmentaliteit eerder as 'n kameraadskap mentaliteit aan te neem. As jy mense vra met watter soort persoon hulle wil uitgaan, begin hulle met 'n lys van karaktertrekke. "Lank, maar nie té lank nie. Sensitief, maar sterk. Selfversekerd, maar ook liefdevol. Aantreklik, maar met 'n goeie humorsin. 'n Goeie werk met 'n stewige inkomste."


Die probleem met so 'n lys is dat niemand daaraan kan voldoen nie. Jy probeer 'n versoek insit vir wat jy dink die beste vir jou gaan wees. Met romantiese afsprake is jy op soek na 'n persoon om lief te hê, nie 'n produk om te gebruik nie. Jou keuringsproses kan dus nie gebaseer word op verbygaande karaktertrekke soos voorkoms, sjarme of rykdom nie, want hierdie eienskappe vervaag mettertyd (Spreuke 31:30). Indien jou huwelik op oppervlakkige karaktertrekke gebaseer is, het jy geen hoop op 'n standhoudende toekoms nie.


As jy met iemand uitgaan is jy nie besig om 'n robot aanmekaar te sit met menslike deeltjies wat jou behoeftes bevredig nie. Jy is eerder besig om die ander persoon se lewe tot eer van God op te bou. Die persoon wat jy kies om mee te trou behoort dus 'n anker van liefde en moraliteit te hê, ongeag wat jy kan aanbied, sodat jul huwelik sterk kan bly selfs wanneer jy op jou swakste is. Jy wil iemand betroubaar hê wat hom of haar nie deur omstandighede sal laat onderkry nie.


Gaan jy egter al hierdie dinge tydens julle eerste afspraak uitvind? Natuurlik nie! Enigiemand kan vir 'n uur lank toneelspeel. Wat jy egter wil sien, is iemand wat daarna streef om mooi dinge vir die regte redes te doen. Jy wil iemand hê wat deurentyd die Here soek, met dieselfde intensiteit as jy. Jy wil saam voor die kansel staan en beloof om getrou te wees aan mekaar, sonder om te wonder of julle altwee opreg is.


Jy wil 'n lewe met iemand deel wat getrou aan God en 'n goeie pasmaat vir jou is. Jou persoonlike oortuigings en geloofsoortuigings oor God maak saak in julle verhouding. Daar is kritiese teologiese kwessies waaroor julle nie behoort te verskil nie: die Drie-eenheid van God, die werklikheid van sonde, die plaasvervangende dood van Christus, en redding deur genade uit geloof. Daar sal ook ander kritiese sake wees waaroor julle nie sal saamstem nie, maar waarop julle ooreen kan kom. Ek waarsku jou egter dat, alhoewel dit nie nodig is om dieselfde mening oor alles te hê nie, julle moet ooreenstem oor die mees kritiese kwessies.


Dit is van belang dat julle sosiaal verenigbaar is. Die grootste gedeelte van julle huwelik sal nie deur seks in beslag geneem word nie, maar om in mekaar se geselskap te wees. Jy behoort jou maat interessant te vind. Julle lewens- en beroepsdoelwitte behoort ooreen te stem. 'n Bietjie toegewing is nodig. Te veel toegewings kan julle altwee frustreer en veroorsaak dat julle nie jul lewensdoelwitte kan vervul nie.


Die Bybel heg waarde aan fisiese aangetrokkenheid (lees net die Hooglied van Salomo). Dit is 'n faktor in die bou van 'n verhouding, maar dit gee nie uitsluitsel of jy by iemand moet wees nie. Dit is natuurlik omdat ons almal oud word en uiterlike skoonheid en gesondheid nie vir altyd hou nie. Wees dus slim! Dis baie makliker om voor die huwelik hierdie kwessies te oorweeg. Indien jy al hierdie punte in gedagte hou, sal dit jou help om te onderskei of God die spesifieke verhouding bevestig het of nie.


Reageer


Wanneer jy besluit met wie om uit te gaan, waarna soek jy in 'n persoon?


Wat is die grense wat jy stel as jy besluit om met iemand uit te gaan? Op watter terreine sal jy die reëls buig of iets opoffer in 'n verhouding?


Hoe bepaal jy of die persoon met wie jy uitgaan dieselfde doelwitte as jy het? Wat is die slaggate waarin jy kan val as jy dit nie 'n prioriteit maak nie?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Dating In The Modern Age

Romantiese afsprake . . . wek hierdie frase angstigheid of opwinding in jou hart? Met al die tegnologiese maniere waarop ons deesdae met mekaar kan kontak maak, wil dit voorkom of afsprake meer ingewikkeld, verwarrend en...

More

Baie dankie aan Ben Stuart wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.thatrelationshipbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid