Leesplan inligting

Romantiese Afsprake In Die Moderne EraVoorbeeld

Dating In The Modern Age

DAG 1 VAN 7

 

Eerste Dinge Eerste


Wil jy die soort persoon wees was vriendelik en liefdevol teenoor ander is? Wil jy die soort persoon wees wat vriendelikheid en liefde teenoor ander betoon, soos God aan jou betoon? Wil jy 'n bron van lewe wees vir jou familie, vriende, die persoon met wie jy uitgaan — en die persoon met wie jy uiteindelik gaan trou? Dan het jy 'n bron van lewe nodig. Dis hoe dit nog altyd moes wees. As jy liefde ontvang kan jy liefde gee. Dit is die natuurlike uitvloeisel van God se liefde vir jou (Johannes 4:19). As jy 'n bron van lewe het, kan jy 'n bron van lewe wees.


In Johannes 4 verduidelik Jesus hoe elkeen van ons 'n diepe begeerte in ons wese het om liefgehê te word. Jesus het met 'n vrou by 'n put gesels en Hy sê toe vir haar: "Jy het reeds vyf [mans] gehad, en die een wat jy nou het, is nie jou man nie" (vers 18). Hy het ook gesê: "As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het” (vers 10). Jesus het in der waarheid gesê: "Deur middel van jou verhouding met mans, was jy op soek na die bevrediging van 'n diep geestelike dors — en jy kon dit nie daar vind nie. Jy het jou behoefte verkeerd gediagnoseer." Jesus het gesê dat die enigste bevrediging vir die behoefte in haar siel, in God, die bron van lewe, te vinde was en in geen menslike verhoudings nie.


As jy met iemand uitgaan net om jouself te laat geld, dreineer jy net daardie persoon se lewe. Dit is hoe vernietigende verhoudings gevorm word. Dis hoekom so baie verkeerd loop. As jy verwag dat mense jou behoefte na God moet bevredig, sal hulle dit nie kan bybring nie. Jy kan hulle ook nie onvoorwaardelike liefde bied wanneer hulle sukkel nie, want hulle verteenwoordig jou bron. Maar as God jou bron is, sal dit die natuurlikste ding op aarde wees om sy liefde deur jou te laat vloei na die persoon met wie jy uitgaan. As jy weet dat jy waarlik liefgehê word, is dit maklik om ander lief te hê. As jy 'n onuitputlike bron van liefde het, kan jy 'n bron van liefde vir ander wees.


As jy in Christus is weet jy dat jy gekoester word deur die lieflikste en magtigste Wese van alle tye. Hy ken jou naam. Hy sien jou. Hy het alles gegee om jou Syne te maak. Hy sal nooit moed opgee met jou nie. Voor jy dus met iemand uitgaan — en voor jy besluit met wie om te trou — moet jy jou Skepper ontmoet en 'n verhouding met Hom aanknoop. Jou bron om die persoon te seën met wie jy uitgaan, vloei voort uit jou stabiele verhouding met Christus.


Reageer


Hoekom is dit lewensbelangrik om God as jou bron van lewe te hê, sodat jy 'n bron van lewe vir ander kan wees? Wat gebeur as jy hierdie volgorde agterstevoor het?


Hoe beïnvloed jou verhouding met God jou verhouding met die persoon met wie jy uitgaan? Hoe beïnvloed jou verhouding met God die manier waarop jy jouself sien?


Wat moet jy vandag doen om jou verhouding met God te laat groei? Watter praktiese stappe sal jy in plek moet kry om dit te laat gebeur?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dating In The Modern Age

Romantiese afsprake . . . wek hierdie frase angstigheid of opwinding in jou hart? Met al die tegnologiese maniere waarop ons deesdae met mekaar kan kontak maak, wil dit voorkom of afsprake meer ingewikkeld, verwarrend en...

More

Baie dankie aan Ben Stuart wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.thatrelationshipbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid