Leesplan inligting

Romantiese Afsprake In Die Moderne EraVoorbeeld

Dating In The Modern Age

DAG 2 VAN 7

 


'n Stuurman vir die Reis


As ek na die landskap van die lewe en liefde van so baie mense vandag kyk, sien ek vrees. Vrees om 'n fout te maak. Vrees dat jy iets gaan mis. Vrees dat jy geleenthede gaan verloor. By ander hoor ek trots — mense wat daarop aandring om volgens hulle eie voorwaardes te lewe, sodat niemand hulle vryheid van uitdrukking kan bedreig nie. In baie sien ek ook wellus. Hoekom sal jy jouself emosioneel aan iemand verbind as jy hulle net fisies kan gebruik? Vrees, trots en wellus, is die oorsprong van baie probleme wat in verhoudings voorkom.


Nie een van hierdie dinge gaan oor liefde nie. Vrees maak mense skugter en laat hulle onttrek, maar liefde laat mense blom en vrywillig gee. Trots verhoed dat mense die risiko neem om hulle aan ander bloot te stel, maar liefde loop die risiko om ter wille van 'n ander persoon kwesbaar te wees. Wellus sê vir iemand dat jy net dit wil hê wat jy kan gebruik, maar liefde koester die hele persoon — op die goeie en slegte dae.


So lank as wat vrees, wellus en trots die stuur van jou verhouding is, sal jy vinnig wegbeweeg van gesonde liefde af. Hierdie dinge sal jou na eensaamheid en oppervlakkige verhoudings dryf wat God nie eer nie. Dit is wat ek deesdae in ons wêreld sien. Ek sien 'n geslag van skipbreukelinge wat onseker is oor hoe hulle hul lewe moet lei op die onstuimige see van die liefde en om die slaggate van vrees, wellus en trots te vermy. Hulle dryf voort, terwyl die winde en branders hulle rondslinger.


In die ou dae, as 'n skip in gevaarlike waters gekom het, sou die kaptein erken dat hy nie genoeg kennis gehad het om die vaartuig veilig daardeur na die hawe toe te stuur nie. Sodra hy dit besef het (dit was die dae voor moderne kommunikasie), sou hy 'n vlag hys wat sein: "Ek het 'n stuurman nodig." Wanneer 'n stuurman wat daardie gebied goed geken het, die vlag sien, sou hy in sy mandjieboot spring, na die skip toe roei en aan boord gaan.


Hierdie stuurman sou beheer oor die vaartuig neem en dit veilig deur die rotse en vlak waters tot in die hawe stuur. 'n Ander vlag sou intussen gehys word om aan ander stuurmanne te sein dat hulle nie aan boord hoef te kom nie — een wat half rooi en half wit was. Hierdie vlag het aan almal verklaar: "Ek het 'n stuurman." Geen ander stuurmanne was nodig nie, en die plaaslike inwoners was verseker dat die skip in veilige hande was.


Te midde van die onbekende oseaan van romantiese verhoudings, het jy ook 'n manier om koers te hou. Jy kan 'n vlag van oorgawe hys en erken dat jy 'n "stuurman nodig het" wat jou uit die gevaarsone kan stuur. Jy kan ook 'n vlag van toewyding hys wat sê: "Ek het 'n stuurman", en dan kies om net vir Hom te volg.


God het jou geskape en Hy is die enigste Een wat jou veilig kan lei. Die Bybel sê vir ons God is liefde (1 Johannes 4:8b). Erken dus vandag, wat jou romantiese verhouding betref, dat jy 'n gids nodig het op die onbekende oseaan van die liefde. Verklaar aan God jy wil hê dat Hy die stuurwiel moet vashou en jou lei. Dis waar jou romantiese afspraakreis moet begin.


Reageer


Watter rol het vrees, trots en wellus in jou soektog na romantiese liefde gespeel? Op watter manier het jy gesonde liefde ervaar?


Watter "gevaarlike oseane" het jy ervaar wat afsprake betref?


Wat behels dit in jou lewe van romantiese afsprake om die vlag van oorgawe te hys en te erken dat jy 'n gids nodig het?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dating In The Modern Age

Romantiese afsprake . . . wek hierdie frase angstigheid of opwinding in jou hart? Met al die tegnologiese maniere waarop ons deesdae met mekaar kan kontak maak, wil dit voorkom of afsprake meer ingewikkeld, verwarrend en...

More

Baie dankie aan Ben Stuart wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.thatrelationshipbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid