Leesplan inligting

Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet WeesVoorbeeld

Becoming The Father God Wants You To Be

DAG 1 VAN 5

 


Ons Gids

Dis 'n vreugde om iemand se Pa of Pappa te wees. Jy moet egter daaraan werk om daardie vreugde te ervaar en dit begin as jy die regte perspektief behou.


Jy behoort te weet dat, of jou kinders jou DNS het of nie, hulle nie regtig aan jou behoort nie. Hulle behoort aan God. Hy het hulle gemaak. Hy ken hulle. Hy het 'n plan vir hulle en Sy planne is altyd die beste.


Jy is maar net 'n oppasser van die kinders wat in jou sorg gelaat is, en wat jy vir hulle begeer is nie so belangrik soos wat God vir hulle begeer nie. Met hierdie feit in gedagte, behoort jou kommunikasie met God altyd oop en duidelik te wees.


As jy God nie as jou Hemelse Vader ken nie, gee jou lewe vandag aan Hom. Bely die sonde wat jou van Hom skei, aanvaar Sy vergifnis en maak Jesus die Heer van jou lewe. Wanneer jy dit doen, sal God jou vir altyd as Sy seun aanneem en direk tot jou spreek deur die krag van die Heilige Gees, deur Sy Woord, die Bybel.


As jy Hom wel ken, spandeer tyd om jou gedagtes en bedoelings op Hom te fokus. Laat Hom toe om jou hart skoon te maak, en ontslae te raak van alles wat nie in lyn is met Sy wil nie, sodat niks jou vermoë om Hom te hoor kan belemmer nie. Hy sal jou deur die grootste avontuur van jou lewe lei; Vaderskap.


 


  • Is die kommunikasie tussen jou en God wat dit behoort te wees?
  • Is jy gereed om die pa te wees wat God wil hê jy moet wees en die pa wat jou kinders nodig het?
    • As dit so is, sê vir God dankie daarvoor. As dit nie die geval is nie, praat met God daaroor.

 


Lees Handelinge 17:24-28, Galasiërs 4:4-5 en Efesiërs 1:13-14.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Becoming The Father God Wants You To Be

Kinders is geskenke van die Here, ongeag die omstandighede van hul geboorte. (Psalms 127:3)  As jy 'n pa is, dank God daarvoor en besluit nou dat jy sal wees wat God wil hê jy in jou kinders se lewens moet wees; 'n duide...

More

Baie dankie aan "Baptist General Convention" van Oklahoma, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asb. http://www.menrewired.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid