Leesplan inligting

Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet WeesVoorbeeld

Becoming The Father God Wants You To Be

DAG 2 VAN 5

 


Die Regte Teiken

As jy die regte perspektief gekry het, identifiseer die doel en teiken. Jou kinders is na regte wapens, skerp pyle wat die potensiaal het om die ewigheid vir die Koninkryk van God te beïnvloed. Maak seker dat hulle reg mik!


Wie is die teiken? Die Vyand, Satan. Wat is die doel? God se heerlikheid.


God het alreeds die geveg teen Satan gewen en deur Jesus se dood en opstanding, het Hy die oorwinning oor sonde en die dood behaal in die lewens van hulle wat hulle geloof in Jesus geplaas het vir die verlossing van die ewige gevolge van sonde. Hy het dit alles sonder jou hulp gedoen.


Waar pas jy nou in die prentjie in? Satan weet dat hy verslaan is, maar hy wil soveel as moontlik siele saam met hom vat. Met daardie doel in sig, doen hy sy bes om God in 'n slegte lig te stel, sodat mense nie in Jesus sal glo nie, maar eerder vasgevang bly in sonde en verwyderd van God leef, soos hy.


Elke keer wanneer gelowiges God verheerlik, of aandag vestig op die feit dat God perfek is, (wat gebeur as hulle gehoorsaam is deur die krag van die Heilige Gees) en bewys dat God goed is, vol genade en krag om sondaars te red en heilig te maak, bewys hulle Satan verkeerd en verhoog die moontlikheid dat ander ook hulle geloof in Jesus sal plaas.


Verheerlik God deur jou geloof en gehoorsaamheid, en maak kinders groot wat jou voorbeeld volg, dan sal jy 'n gevaar wees vir die planne van die Vyand.


 


  • Hoe word ouerskap vergemaklik as jy 'n duidelike doel en teiken het?
  • Bewys jy die Vyand verkeerd?
  • Is jy die regte voorbeeld vir jou kinders?
    • As dit die geval is, wie is daarvoor verantwoordelik?
    • As dit nie die geval is nie, WIE se hulp het jy nodig?

 


Lees Romeine 16:20, Efesiërs 6:12 en 1 Korintiërs 10:31.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Becoming The Father God Wants You To Be

Kinders is geskenke van die Here, ongeag die omstandighede van hul geboorte. (Psalms 127:3)  As jy 'n pa is, dank God daarvoor en besluit nou dat jy sal wees wat God wil hê jy in jou kinders se lewens moet wees; 'n duide...

More

Baie dankie aan "Baptist General Convention" van Oklahoma, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asb. http://www.menrewired.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid