Leesplan inligting

Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet WeesVoorbeeld

Becoming The Father God Wants You To Be

DAG 3 VAN 5

 


Die Regte Strategie

As jy die doel en teiken geïdentifiseer het, pas dan die regte strategie toe.


Vaderskap is nie so moeilik as wat sommige mense beweer nie. Dis maar net 'n speletjie waar jy die leier moet volg. Om te kan wen, moet jy Jesus dophou, gaan waar Hy gaan, en doen wat Hy doen. As jou kinders dan hulle eie foute maak of dinge nie so uitwerk soos jy gehoop het dit sal nie, sal jy die vrede en vertroosting hê wat kom as jy weet dat jy God gehoorsaam het. Hy sal dan op daardie tydstip vir die resultate verantwoordelik wees en nie jy nie.


Wat behoort jy te doen? Onderrig en wys wat om te doen.


Leer jou kinders wat God se Woord sê. Pak hulle reistas met waarhede, ter voorbereiding vir die uitdagings van die reis wat vir hulle voorlê. Doen dit opsetlik en by elke geleentheid. Hersien, vra vrae, pas toe. Is jy nie seker hoe om dit te doen nie? God sal jou help as jy gedurig na Sy Stem luister. Wanneer Hy waarhede aan jou bring, deel dit. Stel dit voor. Verduidelik dit. Deel jou persoonlike suksesse en mislukings en bid dat dit sal insink en wortel skiet.


Wys jou kinders hoe dit lyk om met die waarheid te lewe wat jy vir hulle leer. Dink hardop. Verduidelik jou besluite wanneer jy toelaat dat God se Woord jou lei. Deel die resultate van jou gehoorsaamheid met hulle, sodat hulle God se getrouheid kan waarneem en in hulle eie geloof versterk word. As jy misluk, wys vir hulle wat dit beteken om belydenis te doen of weg te draai van sonde. Demonstreer aan hulle hoe om hulle sonde aan God te bely, Sy vergifnis te aanvaar en aan te beweeg na beter dinge, sodat die Vyand nie 'n vatplek kan kry nie.


 


  • Wend jy 'n ernstige poging aan om te leer wat God se wil is, sodat jy dit aan jou kinders kan oordra?
  • Doen jy wat God se Woord sê, sodat jou kinders kan waarneem wat gebeur as 'n mens gehoorsaam is aan Hom?

 


Lees Deuteronomium 11:18-19, Efesiërs 6:4 en Jakobus 1:21-22.



Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Becoming The Father God Wants You To Be

Kinders is geskenke van die Here, ongeag die omstandighede van hul geboorte. (Psalms 127:3)  As jy 'n pa is, dank God daarvoor en besluit nou dat jy sal wees wat God wil hê jy in jou kinders se lewens moet wees; 'n duide...

More

Baie dankie aan "Baptist General Convention" van Oklahoma, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asb. http://www.menrewired.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid