Leesplan inligting

Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet WeesVoorbeeld

Becoming The Father God Wants You To Be

DAG 4 VAN 5

 


Die Regte Voorbeeld

Wanneer jy die regte strategie toepas, boots jou Hemelse Vader na. Wys vir jou kinders wie God is, sodat hulle Hom sal wil leer ken soos jy Hom ken.


God is liefde. Hy vereis en verwag gehoorsaamheid van Sy kinders, ja, maar Hy bewys ook vrylik genade. Selfs al dissiplineer Hy sy kinders, doen Hy dit vanuit 'n ewige perspektief, met geduld en in liefde.


Doen dieselfde vir jou kinders, dan sal dit vir hulle maklik wees om God te vertrou en Hom hulle Hemelse Vader te maak.


 


  • Is jou kinders bang vir jou of voel hulle veilig by jou?
  • Maak dit enige verskil?
  • Is jy seker van God se vergifnis as jy misluk?
  • Is jou kinders seker van jou vergifnis as hulle misluk?
  • Dissiplineer jy jou kinders met God s'n of jou doel in gedagte? Maak dit enige verskil?
  • Word God verheerlik deur die manier waarop jy jou kinders liefhet of vir hulle wys Wie Hy is?

 


Lees Efesiërs 5:1, 1 Johannes 4:8, 1 Korintiërs 13:4-7 en Spreuke 23:26.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Becoming The Father God Wants You To Be

Kinders is geskenke van die Here, ongeag die omstandighede van hul geboorte. (Psalms 127:3)  As jy 'n pa is, dank God daarvoor en besluit nou dat jy sal wees wat God wil hê jy in jou kinders se lewens moet wees; 'n duide...

More

Baie dankie aan "Baptist General Convention" van Oklahoma, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asb. http://www.menrewired.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid