Leesplan inligting

Word Die Pa Wat God Wil Hê Jy Moet WeesVoorbeeld

Becoming The Father God Wants You To Be

DAG 5 VAN 5

 


Die Regte Perspektief

Vaderskap is 'n marathon, nie 'n naelloop nie. Hou aan, al is dit moeilik om een voet voor die ander te sit.


Wanneer jou kinders fouteer en/of dinge moeilik raak, onthou dat God nooit beloof het dat jou kinders jou altyd sal gehoorsaam nie, die regte besluite sal neem nie, of reageer op die manier wat jy verdien nie - hulle het dieselfde vrye wil wat jy het - maar Hy belowe wel dat jou pogings vrugte sal dra en dat jou kinders vroeër of later sal terugkeer na die waarhede wat jy hulle geleer het.


Hou dus aan, en terwyl jy wag vir die beloning, onthou dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet en dié wat volgens sy besluit geroep is. Hy sal op die ou end verheerlik of geprys word, as 'n direkte gevolg van jou pogings. As jy jou Hemelse Vader werklik liefhet soos 'n seun behoort te hê, sal dit jou deurdra. Dit sal vir jou vreugde bring.


 


  • Hoekom is dit so belangrik dat jy nie toelaat dat jou kinders se gedrag teenoor jou die manier beïnvloed waarop jy met hulle omgaan of hulle grootmaak nie?
  • Wie se opinie oor jou pogings tel die meeste?
  • Watter vertroosting is daar in God se belofte dat hy jou gehoorsaamheid in die manier waarop jy jou kinders grootmaak sal gebruik om jou kinders te laat word wat Hy wil hê hulle moet wees? Hoe vrywaar hierdie belofte jou?
  • Hoe help dit jou in jou ouerskap om hulle groot te maak volgens Sy wil?

 


Lees Romeine 8:28, Spreuke 22:6 en Efesiërs 1:11.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Becoming The Father God Wants You To Be

Kinders is geskenke van die Here, ongeag die omstandighede van hul geboorte. (Psalms 127:3)  As jy 'n pa is, dank God daarvoor en besluit nou dat jy sal wees wat God wil hê jy in jou kinders se lewens moet wees; 'n duide...

More

Baie dankie aan "Baptist General Convention" van Oklahoma, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asb. http://www.menrewired.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid