Leesplan inligting

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te weesVoorbeeld

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

DAG 8 VAN 8

Oefen dit — Vind drie vriende en oefen die Drie Sirkels met hulle

Jy moet die vorige paragrawe weer en weer lees en bestudeer. Gee noukeurig aandag aan die Skrifverwysings. Memoriseer die Skrifverwysings. Bid en vra die Heilige Gees om jou te help om die inhoud hiervan deel van jou totale menswees te maak.




Belangrik: Om die evangelie met die ongereddes te deel en hulle na Christus te bring, is deel van die daaglikse lewe van Christen-wees.

Om te groei as Christen

Te dikwels hoor ons dat mense negatief is oor "mense wat net hulle hande opsteek en Jesus as Here en Saligmaker aanneem.” Die probleem is nié by “Steek jou hand op" nie. Die probleem is dat evangeliste en Christene in die algemeen, nie verantwoordelikheid neem om onmiddellik dissipels en dissipelmakers van nuwe bekeerlinge te maak nie.

Hoe groei iemand geestelik nadat hulle hul lewe vir Christus gegee het?

1. Vertel dadelik vir 2-3 mense van jou besluit om Jesus te volg.

2. Draai weg van sonde. Draai weg van alles wat jy weet wat nie die wil van God is nie.

3. Lees jou Bybel – begin met een hoofstuk per dag. Die boek Johannes is 'n uitstekende plek om te begin. As jy nie 'n Bybel het nie, laai die Bybeltoep (YouVersion) af. Dit bevat 2000 vertalings van die Bybel.

4. Bid elke dag.

  • Bestee tyd in aanbidding en danksegging.
  • Bely enige sonde wat God die Heilige Gees vir jou wys.
  • Bring jou persoonlike behoeftes na die Here toe. Bid vir die behoeftes van ander mense.
  • Bid vir die redding van jou vriende en ander wat jy ken.
  • Bid oor die dinge wat God vir jou wys wanneer jy jou Bybel lees. Wees gehoorsaam en doen wat God vir jou sê om te doen.

5. Vra God om jou met sy Heilige Gees te vul. Die Heilige Gees sal jou lei en jou help om in oorwinning oor sonde te leef.

6. Sluit aan by 'n kerk. Dit is uiters belangrik om by 'n kerk of ten minste 'n klein groepie gelowiges aan te sluit waar jy ondersteun kan word en geestelik kan groei.

7. Sluit aan by of begin 'n Bybelstudiegroep. Laai die "Discover" Toep af om jou te help om die Bybel saam met ‘n groep te bestudeer.

8. Nuttige webwerwe. Die volgende webwerwe sal jou help met die meeste vrae in jou nuwe wandel met Jesus:

EveryStudent.org

Gotquestions.net

Jesus.net

Godlife.com (Daar is onder andere 'n reeks om jong gelowiges te help om geestelik te groei: 30 Day Next Steps.

9. Maak ‘n lys van 7 name van mense wat óf nie Christene is nie, óf nie 'n duidelike getuienis van redding het nie óf mense oor wie jy onseker is of hulle gered is. Bid elke dag vir ten minste een van hulle en bid ook vir ‘n geleentheid om “My Verhaal” en “Jesus se Verhaal” met hulle te deel.

10. Doen die volle reeks leesplanne oor hoe om 'n dissipel en dissipelmaker te wees.

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die eva...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid