Leesplan inligting

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te weesVoorbeeld

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

DAG 6 VAN 8

Derde sirkel: Die goeie nuus − God se plan om ons te red

Die derde sirkel verduidelik hoe ons by God kan uitkom en weer deel kan word van sy oorspronklike plan vir ons lewe.

Ons sondes het ons van God geskei, maar Hy het ons lief en wil hê dat ons met Hom versoen moet word. Hy wil ons Vader wees. Terselfdertyd is Hy egter ook heilig en regverdig, wat dit vir Hom onmoontlik maak om ons in sy teenwoordigheid en die hemel toe te laat. Hy het egter 'n plan gemaak as gevolg van sy liefde vir ons. Hy het sy enigste Seun, Jesus Christus, gestuur om in ons plek te sterf sodat Hy ons nie hoef te straf nie. Jesus het aan die kruis gesterf en die straf vir ons sondes met sy bloed betaal. Hy het in ons plek gesterf.




Hoe kan hierdie verhouding tussen God en ons herstel word? Daar is niks wat ons kan doen om onsself te red nie. Aan die kruis het hy vir ons sonde betaal. Ons moet na Jesus toe kom, ons bekeer van ons opstandige en sondige weë, ons sondes bely en Hom vra om ons met sy bloed te reinig. Ons moet glo dat Jesus Here en Verlosser is. Ons was veronderstel om vir ons sondes en rebellie te sterf, maar Jesus het die losprys betaal deur in ons plek te sterf.




"Met die hart glo ons en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. Die Skrif sê: 'Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie'" (Romeine 10:9, 11).

"Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie" (Handelinge 4:12).

"Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word" (Johannes 1:12).

Wanneer ons ons van ons sondes bekeer en glo dat Jesus vir ons gesterf het sodat ons van ons sondes verlos kan word, en sy offer aanvaar om met sy bloed te betaal vir ons sonde, Hom vra om ons Here en Verlosser te wees, versoen Hy ons met die Vader.

Om vergifnis van sondes te ontvang, is 'n geskenk van God. Dit is iets wat op ‘n persoonlike vlak gebeur — tussen myself en God. Ons hoef nie daarvoor te werk nie, want Jesus het reeds die prys betaal. "Die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here" (Romeine 6:23b).

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die eva...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid