Leesplan inligting

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te weesVoorbeeld

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

DAG 5 VAN 8

God se plan vir ons lewe en ons rebellie teen God

God het 'n volmaakte plan vir ons lewens gehad. Ons het Hom egter verwerp deur ongehoorsaam en opstandig te wees. Ons het ons rug op God gedraai. Ons het begin leef volgens ons eie insigte en wil. Ons wou 'n lewe sonder beperkings hê. Die Bybel noem dit sonde. Die gevolg van sonde was die verdraaiing van God se oorspronklike plan vir ons lewens. Ons sondes het dodelike en verwoestende gevolge gehad.




Sirkel twee: Die gevolg van ons opstand teen God is gebrokenheid

As gevolg van ons rebellie het sonde in ons lewens ingekom en die gevolge daarvan is dat ons nou in ‘n gebroke wêreld leef wat vol is van pyn, sonde, hopeloosheid, dood, korrupsie, eensaamheid, verwerping en verslawing.

Almal van ons probeer dinge doen om van hierdie gebrokenheid te ontsnap: geld, immorele verhoudings, mag en dwelms, maar nie een van hierdie dinge bevredig nie – alles lei uiteindelik tot meer gebrokenheid en verwoesting.




Almal van ons probeer dinge doen om van hierdie gebrokenheid te ontsnap: geld, immorele verhoudings, mag en dwelms, maar nie een van hierdie dinge bevredig nie – alles lei uiteindelik tot meer gebrokenheid en verwoesting.

Die pyltjies dui aan dat ons uit ons gebrokenheid wil kom deur spesifieke dinge te doen, soos drank, dwelms, ryk word, immorele gedrag, ens.




Niks wat ons doen, kan ons beter of heilig genoeg maak om weer by God uit te kom nie. Die straf en die gevolg van ons sonde, is die dood.

"Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie" (Romeine 3:23).

"Die loon van die sonde is die dood" (Romeine 6:23a.)

"Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen" (Romeine 1:25).

Lees die vorige paragrawe weer ‘n keer en memoriseer die Skrifverwysings.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die eva...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid