Leesplan inligting

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te weesVoorbeeld

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

DAG 2 VAN 8

Stap 2 – Hoe jou lewe was voordat jy 'n Christen geword het

Gister het ons gepraat oor hoe om ‘n geestelike gesprek te begin. Begin met die vraag: Wat is die beste ding wat nog ooit met jou gebeur het. Nadat die persoon vertel het wat met hom/haar gebeur het, kan jy vra: Kan ek jou vertel wat die beste ding is wat nog ooit met my gebeur het?

As jy jou lewe voor jou redding met twee of drie woorde kon beskryf, wat sou dit wees?

Tipiese voorbeelde:

— woede en verwarring.

— woede en rebellie.

— verveelde en sinlose lewe.

— 'n dief en dwelmgebruiker.

— selfsug en gierigheid.

— selfsug en vol trots.

— arrogant en bitter.

— ek was gelukkig en tevrede met myself.

Kom ons gebruik woede en onsekerheid vir hierdie oefening.

Jou lewe voor jou bekering (20 sekondes)

'n Goeie sin om te gebruik wanneer jy jou getuienis begin deel:

Daar was 'n tyd in my lewe wat ek vol woede en onsekerheid was. Beskryf dit in 'n paar sinne.

Stap 3: Vertel van jou bekering (20 sekondes)

Vertel daarna hoe dit gebeur het dat jy 'n Christen geword het. 'n Goeie sin om te gebruik is:

Toe het daar egter iets gebeur ...

Die manier waarop mense tot bekering gekom het verskil van persoon tot persoon.

Voorbeelde:

— Ek het kerk toe gegaan en iemand het vir my verduidelik hoekom Jesus aarde toe gekom het en hoe dit op my lewe van toepassing is. Ek het besef dít is wat ek nodig het.

— Ek het een nag wakker geword en leegheid ervaar en ook 'n diep begeerte om ontslae te raak van die las van die dinge wat ek in die verlede gedoen het.

— Ek was alleen in 'n hotelkamer, het 'n Bybel opgetel en begin lees. Ek het op Johannes 1:12 afgekom. Dit het eenvoudig my hart geraak en ek het Jesus as Here en Verlosser aangeneem.

Dit kan met die volgende opgevolg word: Daardie dag het ek ontdek dat Jesus vir my gesterf het en uit die dood opgestaan het. Terwyl ek Johannes 1:12 gelees het, het ek die woorde van Jesus verstaan, waar Hy gesê het dat as ek my lewe vir Hom gee, Hy my die reg gee om sy kind te wees. Maak 'n punt daarvan om te sê: Ek het besef dat Jesus vir my gesterf het en uit die dood opgestaan het.

Gebruik die Skrifgedeelte wat jóú aangespreek het toe jy tot bekering gekom het.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die eva...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid