Leesplan inligting

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te weesVoorbeeld

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

DAG 1 VAN 8

Voorstel

1. Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep). (Mans en vrouens in afsonderlike groepe.

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar nadat julle die leesplan voltooi het en bespreek wat julle ontdek het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeds as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.2 in 'n reeks van 25 leesplanne.

5. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

6. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te wees — iemand wat dissipelmakers van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Jesus het gesê: Volg My, Ek sal julle vissers van mense maak.

Kern Skrifgedeelte: "Jesus het gesê: 'Volg My. Ek sal julle visser van mense maak.”'

Om getuies te wees - Hoe om "My Verhaal" en "Die Verhaal van Jesus" met mense te deel.

Een van die kragtigste instrumente om te getuig en mense van Jesus te vertel, is jou persoonlike getuienis oor hoe jy 'n Christen geword het. As ons dit op die regte manier gebruik, is dit baie effektief. Indien ons ons getuienis tot een minuut beperk, sal byna almal na ons luister sonder om aanstoot te neem. Dit maak dikwels die deur oop vir verdere gesprek.

Die uiteensetting wat hier gegee word om mense te help om te getuig en die evangelie met ander te deel is baie eenvoudig. Dit is maklik om te leer en te gebruik en dit is maklik om dit weer vir ander te leer.

Dit word baie sterk aanbeveel dat jy hierdie raamwerk presies so sal leer. Wanneer jy dit later goed kan gebruik, kan jy soms ander vrae ook gebruik.

Vyf stappe hoe om in 1 Minuut vir iemand te vertel hoe jy tot bekering gekom het (My Verhaal).

Stap 1 – Begin 'n gesprek

Een van die heel moeilikste dinge vir baie Christene, is om ‘n geestelike gesprek te begin. 'n Maklike manier om 'n gesprek te begin, is om vir iemand te vra:

Wat is die beste ding wat nog ooit met jou gebeur het?

Dit is 'n nie-bedreigende en oop vraag. Vra 'n paar vrae oor wat hulle gedeel het en stel belang in wat hulle gedeel het. Behandel mense met respek. Mense weet baie gou of jy regtig belangstel.

Nadat hulle hul "beste ding" gedeel het, kan jy vra:

Mag ek jou vertel van die beste ding wat nog ooit met my gebeur het?

Vertel jou persoonlike “beste ding wat nog ooit met my gebeur het” verhaal – hoe jy tot bekering gekom het. Vertel dit binne 60 sekondes.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die eva...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid