Leesplan inligting

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te weesVoorbeeld

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

DAG 3 VAN 8

Stap 4: Na jou bekering (20 sekondes)

Gister het ons gepraat oor hoe jy kan vertel hoe jou lewe was voor jy tot bekering gekom het en hoe jy tot bekering gekom het.

Die volgende stap is om te vertel wat gebeur het nadat jy tot bekering gekom het. Sommige sal getuig dat hulle onmiddellik verlos is van alle begeerte na alkohol, ens. Ander sal vertel hoe die opstand en woede stadig uit hul lewens begin dreineer het en hoe die gevoelens van verwarring begin opklaar het, ens.

Skryf jou getuienis neer:

1. Voor my bekering.

2. My bekering.

3. Na my bekering.

Gebruik 'n paar sinne om elke stap te beskryf. Maak seker dat jy binne 60 sekondes bly. Elke stap kan ongeveer 20 sekondes duur. Jy kan baie sê in 20 sekondes!

Opsomming

  1. Begin 'n gesprek. 'n Baie maklike manier om te begin is om te vra: Wat is die beste ding wat nog ooit met jou gebeur het?
  2. My lewe voor ek Jesus ontmoet het. Gebruik twee of drie woorde wat jou lewe voor jou bekering beskryf.
  3. Hoe ek Jesus ontmoet het. Wat het gebeur?
  4. Wat het gebeur nadat ek Jesus ontmoet het?
  5. Vra die vraag: Het so iets al ooit met jou gebeur?

Hoe om jou getuienis (My Verhaal) in Een minuut te deel

Jou huiswerk vir vandag is om na drie Christene toe te gaan en jou "My Verhaal" met hulle te deel – jou Een Minuut getuienis met hulle te deel. Bel drie mense en vra vir 'n halfuur van hul tyd. Jy kan bv. vir hulle sê jy doen 'n kursus, dat jy 'n YouVersion leesplan doen en praktiese huiswerk het en ‘n halfuur van hulle tyd nodig het.

Wanneer jy aan die einde van jou getuienis kom, sê jy vir hulle dit was jou huiswerk. Vra hulle wat jy beter kan doen.

Wanneer jy hulle ontmoet, begin om in die algemeen te praat en vra net die vraag: “Wat is die beste ding wat nog ooit met jou gebeur het? Vra hulle om jou te help om jou getuienis waar nodig, te kan verbeter: 'n beter/ander uitdrukking te gebruik, onnodige detail uit te sny, inligting te byvoeg, ens.

Stap 5: Die volgende stap is om die vraag te vra

Het so iets al ooit met jou gebeur?

Wanneer jy klaar is met jou persoonlike getuienis, kan jy 'n eenvoudige vraag vra om jou te help om 'n geleentheid te skep om Jesus se verhaal met iemand te deel.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jesus Het Gesê het oor hoe om getuies te wees

Baie Christene wil graag met ongeredde mense oor Jesus praat, maar weet nie hoe nie. Hierdie leesplan sal jou help om op 'n baie praktiese manier 'n gesprek te begin, mense van jou redding te vertel en ook hoe om die eva...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid