Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 4 VAN 25

Tydens die Eerste Wêreldoorlog in 1914, het Britse soldate Oukersaand op 'n Franse oorlogsveld deurgebring. Na vier maande, is oor die miljoen manne dood in die bloedige gevegte. Die lyke van dooie soldate het gestrooi gelê in die loopgrawe van die vyand.



In die middel van 'n yskoue oorlogsveld in Frankryk het 'n wonderwerk gebeur! Britse troepe was verbaas om te sien hoe bome met kerse, bo die Duitse loopgrawe, verlig word.



“Vanaf die Duitse kant het 'n bariton stem 'n liedjie begin sing wat ek onthou, my Duitse verpleegsters vir my gesing het ... die stem het uit die ysige mis verrys. Dit was alles so vreemd ... asof ons in 'n ander wêreld was,” het 'n jong Britse soldaat in sy dagboek geskryf.



“Stille Nag, Heilige Nag. Jesus kind, lank verwag.”



Toe die Duitse soldate klaar gesing het, het die Britte besluit om weerstand te bied. In plaas daarvan om terug te baklei met die gebulder van 'n kanon, het die Engelse begin sing:



“By Betlehem, in winterkou, het herders rustig wag gehou ...”



Toe hulle die laaste reël klaar gesing het, het die vyand begin hande klap en "O Tannenbaum" (O Denneboom) begin sing.



Toe die Britse troep "Kom alle getroues" begin sing, het die Duitsers dadelik begin saamsing. Hulle het saam met die vyand gesing.



Dit was 'n buitengewone gebeurtenis in die middel van 'n bebloede oorlogsveld! Twee vyandige nasies het dieselfde Kerslied gesing, in die middel van 'n hewige oorlog. Daar word vertel dat die soldate mekaar in niemansland gaan groet het, die stukkie aarde wat net minute gelede 'n oorlogsveld was. Die soldate het mekaar 'n geseënde Kersfees toegewens en ingestem om nie verder op Kersdag te skiet nie.



Duisende soldate het die geboorte gevier van die Prins van Vrede, tussen die lyke van dooies.



Toe begin een stem “Stille Nag” in Frans te sing ... 'n stem in Duits het ook begin sing ... en later het hulle in Engels gesing.



Met wie moet jy vrede maak in hierdie seisoen? Was jy in 'n woeste geveg betrokke, wat die lewe uit jou siel gewurg het? Kersfees is 'n tyd wanneer vrede, wat as gevolg van 'n Babatjie gekom het om vrede vir almal te bring, deur al die eeue heen, oorvloedig beskikbaar is.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid