Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 9 VAN 25

Om verloof te raak is een van die gelukkigste tye in 'n paartjie se lewe. Hulle kan ure aanmekaar droom oor al die vreugdes wat nog vir hulle wag. Dit is dié tyd in 'n mens se lewe wanneer liefde blind is en jy die ander persoon ten volle vertrou.



Josef en Maria se liefdesverhaal is wreed en onverklaarbaar onderbreek. Maria is verwagtend en Josef weet dat hy nie die pa is nie. Alhoewel Maria beweer het dat die Heilige Gees haar swanger gemaak het, moes Josef tog seker gewonder het of sy geskend was.



Het Josef dalk gedink Maria is van haar kop af. Hoe anders kon die rampspoedige gebeure verklaar word? Wat veronderstel was om 'n mooi tyd te wees, het nou in iets lelik ontaard. Dit waarna hulle uitgesien het, word nou gevrees.



Josef het klaarblyklik nie Maria se storie geglo nie, want hy wou die verlowing stilweg verbreek en haar wegstuur. Dit was die menslikste uitweg vir 'n jong man in sy posisie. Hy kon toegelaat het dat sy gestenig word voordat die baba gebore word. Of hy kon toelaat dat sy en die baba gestenig word na die geboorte. Om haar weg te stuur om nooit weer van haar te hoor nie, was die hoogste prys van liefde van Josef se kant af.



Ons kan ons nie eens indink hoe teleurgesteld Josef in God en Maria was nie. Sy was die een wat hy op hierdie aarde die liefste gehad het. Sy wêreld het om Maria gedraai en nou sou hy haar nooit weer sien nie. Het Josef geglo dat die meisie van sy drome haar maagdelikheid aan 'n ander man gegee het?



Josef het nie hierdie hartseer of verraad verdien nie. Wat hy "verdien" het was 'n vreugdevolle huweliksdag en die belofte van jong liefde.



Josef se reputasie in die strate van Nasaret, was nou daarmee heen en sy vriende het agter sy rug geskinder.



Josef moes sy ouers en Maria se ouers in die gesig kyk. Alhoewel hy onskuldig was, was daar die moontlikheid dat hulle hom nie sou glo nie. Daar was geen vrolikheid vir hierdie teleurgestelde, hartgebroke jong man nie.



Ondervind jy vanjaar teleurstelling in hierdie Kersfeestyd? My gebed vir jou is dat jy sal toelaat dat die belofte van Kersfees die pynlike werklikhede in jou lewe sal oorskadu. Moenie toelaat dat Kersfees deur jou teleurstelling gedefinieer word nie, maar laat toe dat hierdie teleurstelling vir altyd sal verander as gevolg van Kersfees.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid