Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 8 VAN 25

Die baie jong Maria, uitverkore ma van Jesus, maak een van die dapperste stellings ooit in die Bybel. In reaksie op die engel se aankondiging dat haar lewenspad deur God gerig is, sê sy: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat U gesê het.” (Lukas 1:38)



Die Engelse vertaling praat van "bondslave". Dit was 'n slaaf wat kon kies of hy vry wou wees óf by sy meester aanbly om hom of haar te bly dien. Maria was gewillig om die Redder van die wêreld vir 'n rukkie in haar lewe toe te laat omdat dit God se begeerte was. Maria het haarself totaal en al onderwerp aan God die Vader.



Wanneer laas het jy Lukas 1:38 aangehaal? Het God onlangs iets van jou gevra wat baie moeilik is? Hoe het jy daarop gereageer?



Daar is gewoonlik 'n stryd tussen God se wil en 'n mens se wil, wanneer Hy sy kinders vra om hulle wil ondergeskik aan Syne te stel. Meestal reageer ons met 'n klomp verskonings en klagtes en reageer nie met volwassenheid en wysheid, soos wat die jong meisie, Maria, gedoen het nie. Sommige mense het selfs die vermetelheid om vir God te vra of Hy weet wat Hy doen.



Wat het God vir jou gevra om te doen? Het Hy jou dalk gevra om liefde te betoon aan 'n persoon van wie jy nie hou nie? Dalk het Hy jou gevra om 'n kind groot te maak wat gestremd is, of om vir 'n baas te werk wat onredelik is. God soek diensknegte: mans en vroue wat gewillig is om Hom uit liefde te dien. God soek mense wat hulleself aan Hom en sy planne sal onderwerp, omdat hulle ten volle aan Hom toegewy is. God soek mans en vrouens wat Hom sal toelaat om hulle weldeurdagte planne op die agtergrond te skuif en in te val by sy ongelooflike planne! Dit is wat 'n ware dienskneg doen.



Maria se laaste woorde, "Laat met my gebeur wat U gesê het", wys dat sy 'n rein hart gehad het en bereid was om aan God se wil ondergeskik te wees. Is jou hart ook so ingestel? Wanneer jou wil nie ooreenstem met die Woord van God nie, moet jy jouself onderwerp en sy Woord laat seëvier. Jy moet vandag nog die saak in jou hart uitmaak: die kwessie van jou eie wil en die gesag van die Woord van God. Saam met Maria verklaar ek dat ek altyd in my lewe volgens sy Woord sal leef, omdat ek sy dienskneg is.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid