Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 3 VAN 25

Dit was destyds nie ongewoon dat swanger vroue hulle afgesonder het as die swangerskap sigbaar geword het nie. Volgens die Bybel het Elisabet al egter vanaf die begin van haar swangerskap in afsondering gegaan.



Ek het al dikwels gewonder hoekom Elisabet besluit het om haar vroeër af te sonder as wat van haar verwag is. Ek wonder of sy dit miskien nodig geag het om haar hart voor te berei vir God se plan. Elisabet was dalk so dankbaar oor die wonderwerk, dat sy besef het dat haar voorbereiding vir moederskap van die allergrootste belang was.



Ek kan my voorstel hoe die trane oor haar verrimpelde wange gevloei het terwyl sy bid: “Here! 'n Wonderwerk! U het vir ons 'n bona fide wonderwerk gegee!”



Ek wonder of sy so in haar hart gebid het — "Here, berei my voor vir wat U vir my gaan gee!" - terwyl sy kombersies en kleertjies met haar knoestige, rumatiek vingers gemaak het.



Ek glo dat Elisabet in hierdie vreugdevolle tyd van oordenking, 'n dankbare hart gehad het. Sy was miskien daarop ingestel om haar leefstyl in hierdie tyd van voorbereiding so te verander dat sy die regte ma sou kon wees vir 'n jong man wat vir groot dinge bestem was. Elisabet was besig om haar hart voor te berei vir die geboortedag en die seëning wat dit sou wees.



Waarvoor moet jy jou hart voorberei tydens hierdie Kersfeestyd? Moet jy dalk 'n paar leefstyl aanpassings maak om die doel wat God vir jou lewe het, te akkommodeer? Dié wat Hy roep om 'n groot werk te doen, roep Hy ook na sy teenwoordigheid.



Kersfees is 'n tyd van hoop en wonderwerke en dit is ook 'n tyd van voorbereiding vir God se plan vir jou. Ek vertrou dat jy vandag, en elke dag tydens hierdie wonderlike tyd, God se teenwoordigheid sal soek. In plaas daarvan om besig te wees met vakansiereëlings en geskenke inkopies, laat God jou toevou in sy liefde en vra Hom om sy doel vir jou lewe bekend te maak.



Ek hoop dat jy saam met my en Elisabet sal bid: “Here, berei my voor vir die dinge wat U vir my voorberei het.”
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid