Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 1 VAN 25

Dit is Kersfees!



Kom ons reis na Betlehem en verken die Kersverhaal soos dit in die Bybel voorkom. Hierdie geskiedkundige weergawe van die geboorte van Jesus het nie in Betlehem of selfs in Nasaret begin nie ... maar by 'n ouerige paartjie wat geweet het hoe vervul 'n lewe kan wees wat aan God toegewy is.



Die Bybel beskryf Elisabet en Sagaria op 'n baie mooi manier: "En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel" — Lukas 1:6.



Elisabet en Sagaria was al baie lank getroud, maar het nog geen kinders gehad nie. Dit moes vir hierdie priester en sy vrou hartverskeurend gewees het, maar die Bybel sê dat hulle aangehou het om onberispelik te wandel, in elke aspek van hulle verhouding met die Here.



Hoe reageer jy op teleurstelling? Gebruik jy dit as 'n verskoning om jou ontevredenheid of vergrype te regverdig? Alhoewel Elisabet en Sagaria se arms leeg was, en hulle hoop verpletter, het hulle aangehou om God ten volle te dien soos die jare aangestap het.



Die Bybel sê dat die vurige gebed van 'n regverdige groot krag het! (Jakobus 5:16) As jy aanhou om regverdig te lewe ... en aanhou bid ... sal jou gebede beantwoord word.



Die Bybel sê ook dat die regverdige uit die geloof sal lewe (Hebreërs 10:38). Elisabet en Sagaria het nog steeds deur geloof, en nie deur aanskouing, gewandel nie (2 Kor 5:7).



Elisabet se naam beteken "God is my Eed". Elisabet het God se beloftes bly glo, lank nadat ander uit frustrasie al moed sou opgee. Sy het geglo dat God na haar gebede luister terwyl haar vriendinne met hulle babas gespog het en jare later hulle kleinkinders aan die slaap gesus het.



Ek vertrou dat hierdie Kersverhaal jou sal leer om met God geduldig te wees. Bly vertrou op God, al is jou omstandighede moeilik. Hou aan om 'n regverdige lewe te lei, ten spyte van teleurstellende dae. Bid vurig en glo dat God na jou gebede luister. Hou aan om 'n positiewe gesindheid te handhaaf, al kry jy nie jou sin nie.



Laat die mooi gesindheid van Elisabet jou herinner dat ware gelowiges deur geloof en nie deur aanskouing, lewe nie.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid