Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 25 VAN 25

Jy het seker die Kersverhaal al tot vervelens toe gehoor, maar glo jy dit? Aanvaar jy dat dit werklik gebeur het en die waarheid is? Of klassifiseer jy dit as 'n fantasie, net soos al die sakke met speelgoed en elwe?



Die ware Kersverhaal, die een wat ek kies om te glo, is die storie van 'n gewone, ongekwalifiseerde jong meisie. God het gekies om Homself in haar baarmoeder te plaas sodat ek en jy eendag sy teenwoordigheid in ons lewens kan beleef.



God, die Vader, die Skepper van die heelal, die Een wat alles begin wat glorieryk en wonderbaar is, het jou en my gekies as 'n kanaal waardeur al die nasies die grootste geskenk kan ontvang. Dit is ons wonderwerk dat Hy ons geroep het om Jesus aan die wêreld bekend te maak.



Die wêreld sal slegs die vreugde van sy geboorte ervaar as ek dit in my lewe demonstreer. Die wêreld sal slegs die vrede van sy koms ervaar as ek dit in my lewe demonstreer. Die wêreld sal slegs die hoop van Kersfees ervaar as ek, as 'n gelowige, hoop demonstreer te midde van pyn en teleurstelling. Die wêreld sal slegs die Lig van die wêreld sien as dit deur my skyn en ek 'n vuurtoring vir die mensdom word.



Kersfees gaan nie net oor Maria, Josef, Elisabet en Sagaria, die skaapwagters of die wyse manne nie. Kersfees gaan oor JOU! Jy moet jouself op hierdie tydstip beskikbaar stel om die teenwoordigheid en liefde van ons Redder te openbaar. Jy is die geskenk wat God gekies het om aan die wêreld om jou te gee. Jou geslag het die heerlikheid van 'n Redder desperaat nodig. Sonder jou sal hulle nooit sy Naam of die doel van sy koms weet nie.



Terwyl jy nou aan Nuwejaarsvoornemens dink en planne beraam vir die volgende 365 dae, wil jy jou nie tot beskikking van God stel nie? Besluit hierdie Kersfees dat jy God sal toelaat om jou lewe as 'n krip te gebruik waarin die Redder van die wêreld gevind kan word.



Vreugde! Aan Jou Wêreld! Jesus is in jou gebore. God soek gelowiges wat vol moed en vreugde sal wees om die wonderwerk van Kersfees deel te maak van hulle alledaagse lewe.
Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid