Leesplan inligting

"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike GenadeVoorbeeld

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

DAG 3 VAN 10

Die Toegangsprys



Elke jaar besoek sowat twee miljoen mense van regoor die wêreld St. Paul se Katedraal in Londen. Die toegangsfooi is die moeite werd om die manjifieke struktuur te ervaar wat deur Sir Christopher Wren gedurende die laat sewentiende eeu ontwerp en gebou is. Toerisme is sekondêr by hierdie plek van Christelike aanbidding. 'n Primêre missie van die katedraal is "om mense in al hul uiteenlopendheid in staat te stel om die herskeppende teenwoordigheid van God in Jesus Christus te ervaar.”



As jy deur die gebou wil toer en die argitektuur wil bewonder, moet jy 'n toegangsfooi betaal. Daar is geen koste om in te gaan en enige van die daaglikse eredienste by St. Paul's by te woon nie. Hoeveel kos dit om in die koninkryk van God in te gaan? Toegang is gratis omdat Jesus Christus die prys vir ons betaal het deur sy dood. “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus” (Romeine 3:23–24).



Wanneer ons ons geestelike behoefte erken en deur geloof God se vergifnis vir ons sondes aanvaar, het ons 'n nuwe en ewige lewe in Hom. Jy kan vandag 'n nuwe lewe binnegaan, want Jesus het deur sy kruisdood en sy opstanding uit die dood die prys van toelating betaal!



— David McCasland Jesus het die prys betaal sodat ons in God se koninkryk kan ingaan.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread Easter: Amazing Grace

Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.

Baie dankie aan "Our Daily Bread Ministries" wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek www.odb.org vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid